Interpol

Die Internasionale Polisie-Organisasie of INTERPOL (Engels: International Criminal Police Organization, Frans: Organisation internationale de police criminelle), is 'n intergoewermentele organisasie wat internasionale polisiesamewerking fasiliteer. Interpol is in 1923 as die Internasionale Kriminele Polisie-Kommissie (ICPC) gestig; dit het INTERPOL as telegrafiese adres in 1946 gekies, en is as 'n algemene naam vir die organisasie in 1956 begin gebruik.