Adonis

Adonis, ’n torso gerestoureer en voltooi deur François Duquesnoy, voorheen in die Louvre.

Adonis (Grieks: Ἄδωνις) is ’n figuur van Wes-Semitiese oorsprong, ’n sentrale kultusfiguur in verskeie Griekse en Romeinse mites. Hy is nou verwant aan ander mitiese gode van wedergeboorte en plantegroei, soos die Egiptiese Osiris en die Frigiese Attis. Hy is veral deur vroue aanbid: die kultus van die sterwende Adonis was baie bekend onder die jong meisies om Sapfo op Lesbos, omstreeks 600 v.C.[1]

Adonis is een van die ingewikkeldste kultusfigure van klassieke tye. Hy het verskeie rolle, en daar is baie deur die eeue geredeneer oor sy rol en doel in die Griekse geloof. Hy is ’n immer jong god van plantegroei, ’n lewe-dood-wedergeboorte-god wie se siklus elke jaar hernu word. Sy naam word in moderne tye dikwels gebruik vir aantreklike jong mans.

  1. Die moderne standaardverhaal van Adonis in die Griekse kultuur is W. Atallah se Adonis dans la littérature et l'art grecs, Parys, 1966 (in Frans.