Mach-getal

'n McDonnell Douglas F/A-18 Hornet vlieg teen transsoniese snelheid

In vloeidinamika, is die Mach-getal (M of Ma) (uitgespreek "mag") 'n dimensielose hoeveelheid wat die verhouding tussen vloei snelheid relatief tot 'n grens (termodinamiese grens tussen die sisteem en die omgewing) en die lokale spoed van klank voorstel.

In alledaagse taal word die mach-getal gebruik as die meting van snelheid relatief tot die spoed van klank. In die geval is Mach die aantal keer wat 'n voorwerp vinniger as die spoed van klank gaan (Mach 3 beteken bv. die voorwerp beweeg drie keer vinniger as die spoed van klank). In vloeidinamika is dit egter meer kompleks en kan wiskundig as volg voorgestel word:

waar

M die Mach-getal is,
u die lokale vloei snelheid is met verwysing na die grens tussen die sisteem (bv. die vlerk van 'n vliegtuig) en die omgewing, en
c die spoed van klank in die medium is.

Omdat vloei snelheid 'n vektor hoeveelheid is wat gedeel word deur 'n skalaar om die mach-getal te kry beteken dit dat die mach-getal ook 'n vektor hoeveelheid is. Die mach-getal het dus grootte en rigting maar nie 'n eenheid nie.

In vloeidinamika is die mach-getal nie beperk tot voorwerpe (vaste liggaam) nie maar kan ook die vloei van partikels in 'n kanaal wees (bv. windtonnel).