Mauritius

Republiek Mauritius
Republic of Mauritius (Engels)
République de Maurice (Frans)
Repiblik Moris (Morisyen)
Vlag van Mauritius Wapen van Mauritius
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Stella Clavisque Maris Indici
(Latyn vir: "Ster en sleutel van die Indiese Oseaan")
Volkslied: Motherland
(Engels vir: "Moederland")
Ligging van Mauritius
Hoofstad Port Louis

20°10′S 57°31′O / 20.167°S 57.517°O / -20.167; 57.517

Grootste stad Port Louis
Amptelike tale Geena
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Pritvirajsing Roopun
Pravind Jugnauth
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• Republiek
van die Verenigde Koninkryk
12 Maart 1968
12 Maart 1992
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 040 km2  (179ste)
790 myl2
0,07
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
1 265 985[1] (156ste)
1 233 000[2]
618,24 / km2 (19de)
1 601,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$31,663 miljard[3] (133ste)
$24 996[3] (61ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$14,391 miljard[3] (129ste)
$11 361[3] (64ste)

MOI (2017) 0,790[4] (65ste)  –  hoog
Gini (2012) 35,8[5] –  medium
Geldeenheid Roepee (MUR)
Tydsone
 - Somertyd
MUT (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD .mu
Skakelkode +230
a. In die parlement is Engels die amptelike taal en Frans kan ook gebruik word.[6][7]

Mauritius (Engels: Mauritius, [məˈrɪʃ(i)əs, mɔː-]; Frans: Maurice; Morisyen: Moris, [moʁis]), amptelik die Republiek Mauritius (Engels: Republic of Mauritius; Frans: République de Maurice; Morisyen: Repiblik Moris), is 'n eilandnasie in die suidwestelike Indiese Oseaan, omtrent 900 km oos van Madagaskar en 3 943 kilometer suidwes van Indië. Benewens die hoofeiland Mauritius sluit die republiek die eilande Sint Brandon en Rodrigues en die Agalegaëilande in. Mauritius is deel van die Maskareense Eilande, wat die Franse eiland Réunion 200 km suidwes insluit. Die hoofstad en grootste stad van Mauritius is Port Louis. Mauritius is die enigste Afrikaland waar Hindoes die bevolkingsmeerderheid vorm.

Mauritius en geëiste gebiede

Mauritius het op 12 Maart 1968 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry en het op 12 Maart 1992 'n grondwetlike republiek binne die Britse Statebond geword. Volgens die bruto binnelandse produk per kapita is Mauritius een van die welvarendste lande van Afrika. Die ekonomie is veral op suiker, toerisme, tekstiele, klere en finansiële dienste gebaseer.[8] Dit is een van slegs 'n handjievol Afrikalande met 'n hoë menslike-ontwikkelingsindeks.

Mauritius maak aanspraak op die Britse oorsese gebied Diego Garcia (Britse Indiese Oseaangebied), wat in 1965 – drie jaar voor Mauritius se onafhanklikheid – deur die Britse regering van Mauritius afgestig is. Die Internasionale Geregshof het in Februarie 2019 die Verenigde Koninkryk se aanspraak op die Chagos-argipel as oortreding van die internasionale reg geklassifiseer en beslis dat die Britse regering dié gebied aan Mauritius moet oorhandig. Daarbenewens eis Mauritius die Tromelin-eiland van Frankryk.

  1. "Population and Vital Statistics Republic of Mauritius, January – June 2019" (PDF) (in Engels). Statistiek Mauritius. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op 3 Desember 2019.
  2. (en) "2011 Population Census – Main Results" (PDF). Regeringsportaal van Mauritius. Statistics Mauritius. Besoek op 3 Desember 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Mauritius". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 3 Desember 2019.
  4. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 3 Desember 2019.
  5. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2019. Besoek op 3 Desember 2019.
  6. "Constitution of Mauritius – 49. Official language" (in Engels). National Assembly, Government Portal of Mauritius. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2019. Besoek op 3 Desember 2019.
  7. "Language" (in Engels). Government Portal of Mauritius. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 3 Desember 2019.
  8. "Mauritius" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 3 Desember 2019.