Pools

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Pole (volk).
Pools
język polski 
Uitspraak: [ˈpɔlski]
Gepraat in: Vlag van Pole Pole
Vlag van Belarus Belarus
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Litaue Litaue
Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Brasilië Brasilië
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 
Gebied: Sentraal- en Oos-Europa
Totale sprekers: 40 miljoen[1] 
Rang: 27
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Lechities
    Pools 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Pole Pole
Gereguleer deur: Poolse Taalraad (Rada Języka Polskiego)
Taalkodes
ISO 639-1: pl
ISO 639-2: pol
ISO 639-3: pol 
Verspreiding van Pools

Die Poolse taal (Pools: język polski, polszczyzna [ˈpɔlski]) maak deel uit van die Lechitiese groep van die Wes-Slawiese tale, 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie. Dit is nou verwant aan Kasjoebies, Tsjeggies, Slowaaks en Sorbies en tans die mees gesproke Slawiese taal naas Russies.

'n Poolse moedertaalspreker

Pools is die amptelike taal van Pole asook een van die ampstale van die Europese Unie. Naas sowat 38 miljoen Poolssprekendes in Pole is daar tussen 1,5 en 2 miljoen sprekers in die buiteland (sommige akademiese bronne noem hoër syfers van tot agt miljoen[2]). Groot minderhede van Poolssprekendes word in Oos- en Noordoos-Europese lande soos Rusland, Litaue, Belarus, Oekraïne en Tsjeggië aangetref, maar ook in immigrantegemeenskappe in Kanada, Ierland, Argentinië en Australië. Daar is beduidende Poolse minderhede in die Verenigde State waar sowat 670 000 Poolssprekendes hulle gevestig het,[3] asook in Duitsland, Brasilië, Frankryk en die Verenigde Koninkryk.

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Polish". Ethnologue. Besoek op 2 September 2022.
  2. (de) "Władisław Lubaś en Jerzy Molas: Polnisch. Universiteit van Klagenfurt, Oostenryk" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Maart 2017. Besoek op 1 Maart 2015.
  3. (en) (PDF) Census 2000, U.S. Census Bureau, Oktober 2003, http://www.census.gov/prod/2003pubs/c2kbr-29.pdf, besoek op 22 Februarie 2008