Vliegdekskip

Twee vliegdekskepe, USS John C. Stennis (links), en HMS Illustrious (regs), wys die verskil in grootte tussen 'n super-vliegdekskip en 'n ligte V/STOL vliegdekskip .
USS Harry S. Truman anker buite Portsmouth, Engeland, terwyl die bemanning 'n hawebesoek geniet.
Russiese vliegdekskip Admiral Koeznetsof.
Franse vliegdekskip Charles de Gaulle.

'n Vliegdekskip is 'n soort oorlogskip wat ontwerp is om as 'n drywende lugbasis te dien. Dit laat 'n lugmag toe om 'n groter gebied te patrolleer, en om dieper in vyandige areas in te dring aangesien daar minder tyd en brandstof benodig word om by die teiken uit te kom.

Ander take wat vliegdekskepe verrig is die diens van vliegtuie en ander toerusting en die vervoer van soldate.