Bedeksadiges

Angiospermae
Tydperk: Vroeë krytHede
Magnolia virginiana
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Angiospermae

Lindley[1] [P.D. Cantino & M.J. Donoghue][2]
Klades

Amborellaceae
Nymphaeales
Austrobaileyales
Mesangiospermae

Sinonieme

Anthophyta
Magnoliophyta Cronquist, Takht. & W.Zimm., 1966

Die bedeksadiges (Angiospermae of Magnoliophyta) verwys na die takson van blomdraende plante. Hulle sluit die mees diverse groep plante op aarde in. Saam met die naaksadiges (Gymnospermae), maak hulle die groep plante uit wat sade voortbring. Bedeksadiges verskil egter van naaksadiges deurdat hulle blomme dra en ingeslote saadknoppe het. Naaksadiges daarteenoor, dra naakte sade in keëls of aan oop strukture.

Die bedeksadige plante se sade is feitlik sonder uitsondering opgesluit in 'n geslote vrugbeginsel. In teenstelling met naaksadige plante (Gymnospermae), wat geen stampers het nie en ook nie vrugte dra nie, het alle bedeksadige plante blomme met stampers en meeldrade wat as die plant se voortplantingsorgaan dien.

Bedeksadige plante kan in eensaadlobbige plante (monocotyledonae) en tweesaadlobbige plante (dicotyledonae) verdeel word. Alle blomplante word onder bedeksadige plante geklassifiseer, en daar is tans na raming meer as 250 000 verskillende soorte bedeksadige plante.

Kenmerkend vir bedeksadige plante is die feit dat dubbele bevrugting by die plant plaasvind, wat daartoe aanleiding gee dat die endosperm (kiemwit) die eindproduk van die plant se bevrugtingsproses is.

  1. Lindley, J (1830). Introduction to the Natural System of Botany. Londen: Longman, Rees, Orme, Brown en Green. pp. xxxvi. {{cite book}}: Onbekende parameter |nopp= geïgnoreer (hulp)
  2. Cantino, Philip D.; Doyle, James A.; Graham, Sean W.; Judd, Walter S.; Olmstead, Richard G.; Soltis, Douglas E.; Soltis, Pamela S.; Donoghue, Michael J. (2007). "Towards a phylogenetic nomenclature of Tracheophyta". Taxon. 56 (3): E1–E44.