Mos

Mos
Tydperk: 370–0 m. jaar gelede
"Muscinae" uit Ernst Haeckel se Artforms of Nature, 1904
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Bryobiotina
Filum

Mosse is klein plante wat selde hoër as 10 cm groei. Mos groei gewoonlik in digte trosse of matte in klam plekke of in skaduwee. Dit groei op bome, rotse, vrot hout en grond. Veenmosse versamel in neerslae wat verskeie honderd meter dik kan wees.[1] Mosplante, kom in die meeste landhabitatte voor en kan soms die dominante plantvorm wees.[2] Moskolonies is belangrike elemente van talle ekostelsels, van die toendra tot die tropiese reënwoud. Mosse help om gronderosie te bekamp, water en voedingstowwe op te vang, verskaf beskutting vir mikrofauna en dien as kwekerye vir saailinge.[3]

Mosse het nie blomme of wortels nie en hulle eenvoudige blare bedek dun, draadagtige stingels. Met tye produseer mosse spoorkapsules wat as snawelvormige kapsules kan verskyn wat deur dun stingels omhoog gehou word. Mosse is 'n plantegroep wat 'n belangrike deel vorm van die huidige kennis aangaande die ewolusie van lewe, in sy oorskakeling van water na land. Die groen blaaragtige uitloopsels (gametofiete) behou sommige van die eienskappe van die groenalg-voorouers, maar die naaldagtige uitloopsels wat spore produseer vertoon deurslaggewende vernuwings vir lewe buite water, soos huidmondjies, 'n eenvoudige string geleidende selle en spore wat in 'n enkele apikale kapsule (sporangium) geproduseer en deur die lug versprei word.[3]

Naas blomplante en varings is mosse die mees diverse plantegroep met meer as 10 000 spesies in 700 genera.[4]

  1. The Canadian Encyclopedia Geargiveer 27 Augustus 2008 op Wayback Machine:, Moss Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine, besoek op 4 Augustus 2007
  2. The Ohio State University Geargiveer 17 Mei 2006 op Wayback Machine:, BRYOPHYTA Geargiveer 6 Februarie 2013 op Wayback Machine, besoek op 4 Augustus 2007
  3. 3,0 3,1 Efrain De Luna, Angela E. Newton en Brent D. Mishler: The Tree of Life Web Project (ToL), Bryophyta – Mosses Geargiveer 15 Augustus 2007 op Wayback Machine, besoek op 4 Augustus 2007
  4. University of California Museum of Paleontology, Introduction to the Bryophyta – The Mosses, besoek op 4 Augustus 2007