Neteldier

Neteldier
Tydperk: 580–0 m. jaar gelede
Ediacarium – tans
Klein bloublasies.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Cnidaria
Klasse
  • Anthozoa (blomdiere)
  • Cubozoa (kubuskwalle)
  • Hydrozoa (hidropoliepe)
  • Scyphozoa (skyfkwalle)
  • Staurozoa
Die poliep- en die kwalvorm: die twee basiese vorme wat by die Cnidaria voorkom.

Neteldiere, holtediere of Cnidaria vorm ’n filum van die diereryk. Die filum bevat die skyf- en kubuskwalle, die hidropoliepe en die blomdiere. Hulle kom almal in die water voor, hoofsaaklik seewater.

Neteldiere kom al lank op die aarde voor, maar aangesien hulle lank geen skelet gevorm het nie, is die fossiele bewyse vir hul bestaan beperk tot die steenkorale en ’n paar goed bewaarde afdrukke van kwalagtiges. Die vroegste bekende meersellige lewe op aarde, die Ediacara-fauna, wat van 542 miljoen tot 630 miljoen jaar gelede dateer, bevat al duidelike fossiele van neteldiere.

  1. Bauer, H., Nowell, K. & Packer, C. (2008) Panthera leo In: IUCN 2010. IUBN-rooilys van veilige spesies. Weergawe 2010.2. www.iucnredlist.org Besoek op 28 Augustus 2010.