Platwurm

Platwurms
Tydperk: Perm – tans, 270–0 m. jaar gelede
Bedford se platwurm, Pseudobiceros bedfordi.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Platyhelminth

Claus, 1887
Klasse
  • Turbellaria
  • Trematoda
  • Monogenea
  • Cestoda

Platwurms vorm in die diereryk die filum Platyhelminth (van die Griekse πλατύ platy, "plat", en ἕλμινς helminth-, "wurm").[1] Dit is ’n groep relatief eenvoudige, ongesegmenteerde ongewerweldes van die klade Bilateria. Anders as ander lede van Bilateria het hulle geen seloom (buikholte) en geen gespesialiseerde asemhalings- en hartvatstelsel nie. Hulle het gevolglik plat vorms wat suurstof en voedingstowwe deur hul liggaam laat beweeg deur middel van diffusie. Die spysverteringstelsel het net een opening wat as mond en anus dien, en daarom kan die kos nie aaneenlopend geprosesseer word nie.

  1. Ehlers, U.; Sopott-Ehlers, B. (Junie 1995). "Plathelminthes or Platyhelminthes?". Hydrobiologia. 305: 1. doi:10.1007/BF00036354. ISBN 9789401100458.