Sjimpansee

Sjimpansee
Tydperk: 4–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. troglodytes
Binomiale naam
Pan troglodytes
(Johann Friedrich Blumenbach, 1776)
Die verspreiding van die sjimpansee. 1. Pan troglodytes verus. 2. P. t. ellioti. 3. P. t. troglodytes. 4. P. t. schweinfurthii.
Sinonieme

Simia troglodytes Blumenbach, 1776
Troglodytes troglodytes (Blumenbach, 1776)
Troglodytes niger E. Geoffroy, 1812
Pan niger (E. Geoffroy, 1812) Anthropopithecus troglodytes (Sutton, 1883)

Die sjimpansee (Pan troglodytes) is ’n spesie van mensape. ’n Nabyverwant is die bonobo. Fossiel- en DNS-toetse wys albei spesies is sustersgroepe van die moderne menslike lyn.

Die sjimpansee is bedek met growwe, swart hare, maar het ’n haarlose gesig, vingers, tone, handpalms en voetsole. Dit is sterker gebou as die bonobo; dit weeg tussen 40 en 65 kg en is van kop tot stert sowat 1,3 tot 1,6 m lank. Sjimpansees is agt maande lank dragtig. Babas word op sowat drie jaar gespeen, maar het gewoonlik jare daarna nog ’n sterk verhouding met die ma. Hulle bereik puberteit op sowat 10 jaar en hul lewensverwagting is sowat 50 jaar.

Sjimpansees woon in groepe van 15 tot 150 lede, hoewel individue bedags in veel kleiner groepe rondbeweeg. Die spesie word deur die manlike diere oorheers en lewe volgens ’n streng hiërargie, wat beteken verskille kan gewoonlik sonder geweld opgelos word. Byna alle sjimpanseebevolkings gebruik gereedskap, aangepaste stokke, klippe, gras en blare om heuning, termiete, miere, neute en water bymekaar te maak.

Die sjimpansee is op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) se lys van bedreigde spesies. Daar is na raming tussen 170 000 en 300 000 sjimpansees oor in die woude en grasvelde van Wes- en Sentraal-Afrika. Hul grootste bedreiging is die vernietiging van hul habitat, wilddiefstal en siektes.

  1. Oates, J.F., Tutin, C.E.G., Humle, T., Wilson, M.L., Baillie, J.E.M., Balmforth, Z., Blom, A., Boesch, C., Cox, D., Davenport, T., Dunn, A., Dupain, J., Duvall, C., Ellis, C.M., Farmer, K.H., Gatti, S., Greengrass, E., Hart, J., Herbinger, I., Hicks, C., Hunt, K.D., Kamenya, S., Maisels, F., Mitani, J.C., Moore, J., Morgan, B.J., Morgan, D.B., Nakamura, M., Nixon, S., Plumptre, A.J., Reynolds, V., Stokes, E.J. & Walsh, P.D. (2008). Pan troglodytes. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 4 Januarie 2009.