Swaan

Swaan
Cygnus olor
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Cygnus

Bechstein, 1803
Spesies

6-7 lewendige spesies, sien teks.

Sinonieme

Cygnanser Kretzoi, 1957

Hierdie artikel handel oor die voël. Vir die sterrebeeld, sien Swaan (sterrebeeld).

Swane is voëls van die familie Anatidae, wat ook ganse en eende insluit. Hulle is die grootste van al die watervoëls. Swane word saam met die nouverwante ganse in die subfamilie Anserinae gegroepeer. Meeste swaanspesies kies 'n lewenslange maat, alhoewel "skeidings" ook plaasvind.

Swane (genus Cygnus) lyk soos groot ganse met lang nekke en is aan ganse en eende verwant. Hulle is inheems in Eurasië, Amerika en Australië en die meeste spesies is spierwit. Die bekendste swaan is die knobbelswaan (Cygnus olor), wat reeds eeue lank ter wille van sy vleis en vere as pluimvee aangehou word.

Swane (genus Cygnus) word saam met eende en ganse in die watervoëlorde Anseriformes geklassifiseer , maar kan aan hul besondere lang nekke maklik van dié voëls onderskei word.

Die grasieuse bewegings en spierwit verekleed van die noordelike spesies het digters deur die eeue geïnspireer. Swane leef van plante en klein diere wat in vlakwater voorkom en word ook dikwels op land aangetref, waar hulle gras vreet.