Weefsel

Weefsel
anatomical structure class type, class of anatomical entity
Subklas vanmeersellige struktuur, anatomiese struktuur, organiese substansie, biological materialWysig
Onderdeel vanorgaanWysig
Bestudeer deurhistologieWysig
Ontwikkeling van anatomiese struktuurhistogenesisWysig
Gladde spierweefsel

'n Weefsel is 'n versameling min of meer eenders gedifferensieerde selle met hul tussenmateriaal wat as 'n geheel funksioneer. Weefsel is dus 'n groep selle met 'n bepaalde bou en tussenmateriaal (matriks) wat 'n bepaalde funksie verrig. Die hoeveelheid en die aard van die tussenmateriaal verskil van weefsel tot weefsel en speel 'n belangrike rol in die funksionele aktiwiteit van die betrokke weefsel. Gewoonlik word daar tussen vier hoofgroepe weefsels in die soogdierliggaam onderskei, naamlik epiteelweefsel (dekweefsel), bindweefsel, spierweefsel en senuweefsel.

By klein organismes soos die Amoeba en ander protosoë vind al die biologiese prosesse wat vir voortbestaan nodig is, in 'n onverdeelde massa protoplasma plaas. 'n Deel van die sitoplasma tree bv. op as 'n beskermende "vel", 'n ander deel skei die ensieme af wat nodig is vir vertering van voedsel, en die sel as geheel kan van vorm verander en op die manier rondbeweeg.

By groter, veelsellige dier , is die lewensprosesse baie ingewikkelder. Die biologiese funksies word deur 'n groepering van selle wat saam optree, uitgevoer. So bv. vorm een groep selle die vel en 'n ander groep vorm die spiere. In elke groep kom die selle voor saam met 'n sekere hoeveelheid van 'n bindmiddel, of matriks, en saam vorm die selle en die matriks 'n weefsel. Albei is so gerangskik dat hulle hul besondere funksie behoorlik kan verrig, en dit kan ook maklik van mekaar onderskei word tydens mikroskopiese ondersoek.

By organismes wat so groot en kompleks soos die mens is, word 'n groot aantal verskillende soorte weefsel aangetref. Tog kan dit in die vier bogenoemde weefseltipes geklassifiseer word. Selle in elke deel van die liggaam behoort nie slegs tot een weefselgroep nie. Op baie plekke van die liggaam word verskillende weefseltipes saam aangetref en gekombineer om organe te vorm.

Alle organe in die dierlike en menslike liggaam is uit 4 tipes weefsels opgebou: epiteel, bindweefsel (steun- of stutweefsel), spierweefsel en senuweeweefsel.