Weerlig

'n Weerligstraal oor 'n stad afgeneem

Weerlig is 'n kragtige natuurlike elektrostatiese ontlading wat tydens 'n donderstorm ontstaan. Die skielike ontlading gaan gepaard met die uitstraling van sigbare lig asook ander vorme van elektromagnetiese straling. Die elektriese stroom wat deur die lug vloei verhit die lug baie vinnig en laat die lug uitsit in die vorm van 'n plasma wat akoestiese skokgolwe (donderweer) in die atmosfeer veroorsaak.