Ystydperk

'n Rekenaarvoorstelling van hoe die aarde tydens die hoogtepunt van die laaste glasiale tyd van die huidige ystydperk gelyk het.

’n Ystydperk is ’n periode in die aarde se geskiedenis wat deur ysvorming by minstens een van die pole[1] en gletservorming oor groot dele van die planeet gekenmerk word,[2] en tot ’n duidelike afname in klimaat lei. Volgens hierdie definisie beleef ons al sedert 2,6 miljoen tot 2,7 miljoen jaar ’n ystydperk. Sedert ’n miljoen jaar gelede word die aarde onderwerp aan kortstondige wisselings tussen glasiale en interglasiale tye, wat kouer en warmer periodes binne ’n ystydperk is.

  1. Hans Murawski & Wilhelm Meyer: Geologisches Wörterbuch. 11. Auflage. Spektrum Akademischer Verlag, München 2004, ISBN 3-8274-1445-8
  2. John Imbrie & Katherine Palmer Imbrie: Ice Ages: Solving the Mystery. 1979, Enslow Publishers, NJ. ISBN=978-0-89490-015-0