Andrzej Duda

Andrzej Duda
Andrzej Duda
Andrzej Duda in 2015

6de President van Pole
Ampsbekleër
Termynaanvang
6 Augustus 2015
Eerste minister Ewa Kopacz (2014–2015)
Beata Szydło (2015–2017)
Mateusz Morawiecki (2017–2023)
Donald Tusk (2023–hede)
Voorafgegaan deur Bronisław Komorowski

Lid van die Europese Parlement
Ampstermyn
1 Julie 2014 – 12 Junie 2015

Lid van die Sejm
Ampstermyn
9 Oktober 2011 – 1 Julie 2014

Persoonlike besonderhede
Gebore 16 Mei 1972 (1972-05-16)
Kraków, Pole
Politieke party Vryheidsunie (2000–2001)
Reg en Geregtigheid (2005–2015)
Onafhanklik (2015–hede)
Eggenoot/-note Agata Kornhauser-Duda (1994–hede)
Kind(ers) Kinga Duda
Alma mater Jagielloniese Universiteit
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening
Toekennings Ordem do Mérito (Portugal, in 2008)

Andrzej Sebastian Duda (Pools: [ˈandʐɛj ˈduda], ; gebore 16 Mei 1972 in Kraków) is 'n Poolse regsgeleerde, politikus en sedert Augustus 2015 die president van Pole. Op 24 Mei 2015 is hy in die tweede rondte van die Poolse presidentsverkiesing as nuwe staatshoof en opvolger van Bronisław Komorowski verkies.[1]

Op 6 Augustus 2015 is Andrzej Duda as 6de staatspresident van die Derde Poolse Republiek (III Rzeczpospolita) ingesweer. Duda was tussen 2014 en 2015 afgevaardigde in die Europese Parlement en was tussen 2011 en 2014 ook lid van die Poolse parlement, die Sejm. Voor sy verkiesing as afgevaardigde was hy vir Jarosław en Lech Kaczyński werksaam wat indertyd die amp van respektiewelik eerste minister en staatspresident van Pole beklee het.

  1. (de) Neue Zürcher Zeitung, 25 Mei 2015: Polnische Präsidentschaftswahlen – Ein Denkzettel dfer Jugend. Besoek op 26 Mei 2015