Bulgarye

Republiek Bulgarye
Република България
Republika Bălgarija (Bulgaars)
Vlag van Bulgarye Wapen van Bulgarye
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Съединението прави силата
(tr.: Saedinenieto pravi silata)
(Bulgaars vir: "Eendrag Maak Mag")
Volkslied: Мила Родино
(tr.: Mila rodino)
(Bulgaars vir: "Geliefde Moederland")

Ligging van Bulgarye
Hoofstad Sofia

42°41′N 23°19′O / 42.683°N 23.317°O / 42.683; 23.317

Grootste stad Sofia
Amptelike tale Bulgaars
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Rumen Radef
Iliana Iotowa
Nikolai Denkof
Onafhanklikheid
Vorming
• Eerste Bulgaarse Ryk
• Tweede Bulgaarse Ryk
• Prinsdom Bulgarye
• Koninkryk Bulgarye
• Huidige grondwet


6811018
11851396
3 Maart 1878
22 September 1908
13 Julie 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
110 993,6[1] km2  (103de)
42 854,9 myl2
2,16[2]
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
6 447 710 (109de)
7 101 859
63 / km2 (154ste)
163,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$228,402 miljard[3] (73ste)
$35 853[3] (55ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$110,336 miljard[3] (69ste)
$17 320[3] (60ste)

MOI (2021) 0,795[4] (68ste)  –  hoog
Gini (2023) 37,2[5] –  medium
Geldeenheid Lef, meervoud: lewa (BGN)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .bg
Skakelkode +359

Bulgarye (Bulgaars: България, Balgarija, [bɐɫˈɡarijɐ]), amptelik die Republiek Bulgarye (Република България, Republika Bălgarija, [rɛˈpublikɐ bɐɫˈɡarijɐ]), is 'n land in Suidoos-Europa. Dit word begrens deur die Swartsee in die ooste, Griekeland en Turkye in die suide, Serwië en Noord-Masedonië in die weste, en Roemenië in die noorde.[6]

Die Mandrenskomeer naby Boergas
Die Rilaklooster is een van die belangrikste historiese, kulturele en godsdienstige monumente van Bulgarye

Bulgarye is genoem na 'n Turkse volk wat die land tydens die 7de eeu verower en later met die Slawiese en Trakiese bevolking vermeng het. In die Middeleeue het Bulgarye tot 'n magtige ryk ontwikkel wat oor groot dele van Suidoos-Europa gestrek het. In die 11de eeu is Bulgarye vir 'n tydperk van sowat 100 jaar by die Bisantynse Ryk ingelyf, en teen die einde van die 14de eeu het die land onder Turkse heerskappy gekom.

Bulgarye vorm ten opsigte van sy landskappe en sy kultuur 'n oorgangsgebied tussen Europa en die Ooste, maar ook tussen die Mediterreense en vastelandse gebiede van Oos-Europa. Tydens die Middeleeue het die sogenaamde Slaweapostels Cyrillus en Methodius 'n aantal Christelike Griekse tekste na Oud-Bulgaars vertaal, 'n taal wat in die Goue Tydperk tydens die bewind van tsaar Simeon die basis van 'n veelsydige godsdienstige en wêreldse literatuur gevorm het. Alhoewel die literêre bloeitydperk met die begin van die Turkse heerskappy tot 'n einde gekom het, het Oud-Bulgaars steeds die taal van die Slawies-Ortodokse Kerk gebly, en sy literêre werke word deur die Slawiese volke as 'n gemeenskaplike kulturele erfenis beskou.

Bulgarye het sy bevryding vyf eeue later veral aan Rusland te danke, en die noue politieke en kulturele bande tussen die twee lande het in 1945 die inlywing van Bulgarye by die Sosialistiese Oosblok bevorder. Onder die bewind van die Kommunistiese Party het die oorwegend agrariese land tot 'n moderne staat met 'n verskeidenheid nywerhede ontwikkel. Sy belangrikste uitvoere is egter nog steeds landbouprodukte, waaronder ook roosolie, 'n kosbare eteriese olie.

Die agteruitgang van die Sosialisme en die oorgang na 'n vrye markekonomie het die lewensstandaard van groot dele van die bevolking swaar geraak. Na ramings het dit in die jare negentig met sowat veertig persent gedaal. Die Bulgaarse ekonomie het intussen oortuigend herstel, en die lewenstandaard het in 2004 weer die vlak van die tydperk voor die negentigerjare bereik.

Bulgarye het op 29 Maart 2004 'n lidstaat van die NAVO en op 1 Januarie 2007 'n lidstaat van die Europese Unie geword.

  1. (bg) Rumen Penin (2007). Природна география на България. Bulvest 2000. p. 18. ISBN 978-954-18-0546-6.
  2. (en) "Bulgaria". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Maart 2024.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Bulgaria". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 6 Maart 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 6 Maart 2024.
  5. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 6 Maart 2024.
  6. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8