Christene

Christene

Totale bevolking: ca. 2,4 miljard (2015)[1][2]
Belangrike bevolkings  in: Flag of Europe Europese Unie 373 656 000[3]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 246 790 000[2]
Vlag van Brasilië Brasilië 175 770 000[2]
Vlag van Meksiko Meksiko 107 780 000 [2]
Vlag van Rusland Rusland 105 220 000[2]
Vlag van Filippyne Filippyne 86 790 000[2]
Vlag van Nigerië Nigerië 80 510 000[2]
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 67 070 000[2]
Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo 63 150 000[2]
Vlag van Ethiopië Ethiopië 52 580 000[2]

Taal: Oorwegend gesproke tale:[4]
SpaansEngelsPortugeesRussiesMandaryns-ChineesFransDuitsPoolsOekraïensTagalogItaliaans • ander inheemse tale van die wêreld

Heilige tale:
LatynKoine[5]Siries[6]

Geloofsoortuiging: Christendom:
Verwante etniese groepe:

Christene glo in die drie-enige GodVader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.

Die kruis en die Ichthus (vis), twee simbole, wat Christene gebruik om hul geloof te verteenwoordig.

Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").

Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk – en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.

In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.

Die woord "Christen" kan manlik of onsydig wees en "Christin" verwys na 'n vroulike persoon.

  1. (en) "Christianity 2015: Religious Diversity and Personal Contact" (PDF). gordonconwell.edu. Januarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. Besoek op 12 Desember 2018.
  2. 2,00 2,01 2,02 2,03 2,04 2,05 2,06 2,07 2,08 2,09 2,10 2,11 2,12 2,13 ANALYSIS (19 Desember 2011). "Global Christianity" (in Engels). Pewforum.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 Desember 2018.
  3. (en) "Discrimination in the EU in 2012", Eurobarometer, 383 (Europese Unie: Europese Kommissie): p. 233, 2012, archived from the original on 4 Junie 2019, https://web.archive.org/web/20190604004311/http://ec.europa.eu/commfrontoffice/publicopinion/archives/ebs/ebs_393_en.pdf, besoek op 14 August 2013 
  4. (en) Johnson, Todd M.; Grim, Brian J. (2013). The World's Religions in Figures: An Introduction to International Religious Demography (PDF). Hoboken, NJ: Wiley-Blackwell. p. 10. Besoek op 12 Desember 2018.
  5. (en) A history of ancient Greek by Maria Chritē, Maria Arapopoulou, Centre for the Greek Language (Thessalonikē, Greece) bl. 436 ISBN 0-521-83307-8
  6. (en) Wilken, Robert Louis. The First Thousand Years: A Global History of Christianity. New Haven and London: Yale University Press. p. 26. ISBN 978-0-300-11884-1.