Ecuador

Republiek Ecuador
República del Ecuador (Spaans)
Ikwayur Runaq Imayka (Quechua)
Ekuatur Nunka (Shuar)
Vlag van Ecuador Wapen van Ecuador
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Dios, patria y libertad (Spaans)
Pro Deo, Patria et Libertate (Latyn)
(Afrikaans: "God, tuisland en vryheid")
Volkslied: Salve, Oh Patria
(Spaans vir: "Wees gegroet, O vaderland")
Ligging van Ecuador
Hoofstad Quito

00°9′S 78°21′W / 0.150°S 78.350°W / -0.150; -78.350

Grootste stad Guayaquil
Amptelike tale Spaans, Quechua en Shuar[1]
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Daniel Noboa
Verónica Abad Rojas
Onafhanklikheid
• Verklaar
• van Spanje
• van Groot-Colombia
• Erken
• Liberale Rewolusie
• Huidige grondwet

10 Augustus 1809
24 Mei 1822
13 Mei 1830
16 Februarie 1840[2]
5 Junie 1895
28 September 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
283 561a[3] km2  (76ste)
109 484 myl2
5
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
17 483 326[3] (73ste)
16 938 986[4]
69 / km2 (148ste)
178,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$242,579 miljard[5] (68ste)
$13 285[5] (109de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$118,686 miljard[5] (63ste)
$6 500[5] (95ste)

MOI (2021) 0,740[6] (95ste)  –  hoog
Gini (2022) 45,5[7] –  hoog
Geldeenheid Amerikaanse dollarb ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
ECT / GALT (UTC-5 / -6)
nie toegepas nie (UTC-5 / -6)
Internet-TLD .ec
Skakelkode +593
a. insluitende die Galápagos-eilande.
b. Sucre tot 2000, vervang deur die VS-dollar en Ecuadoriaanse centavo-munte.

Ecuador (Spaans: [ekwaˈðoɾ], ; Quechua: Ikwayur; Shuar: Ecuador of Ekuatur),[8][9] amptelik die Republiek Ecuador (Spaans: República del Ecuador, letterlik: "Republiek van die ewenaar"; Quechua: Ikwadur Ripuwlika; Shuar: Ekuatur Nunka),[10][11] is 'n land in die middel van Suid-Amerika wat in die noorde grens aan Colombia, in die ooste en die suide aan Peru, en in die weste aan die Stille Oseaan. Die naam van dié land is Spaans vir die ewenaar, wat deur dié land loop. Ecuador is die mees westelike land wat langs die ewenaar geleë is. Dié land word deur die Andesgebergte in twee dele verdeel: die westelike kusland aan die Stille Oseaan en die oostelike Amasonebeken. Ecuador se hoofstad Quito is in die sentrale Andes geleë, terwyl dié land se grootste stad, Guayaquil, aan die Stille Oseaan geleë is.

Nasa-Satellietbeeld van Ecuador
Kaart van Ecuador
Topografiese kaart van Ecuador

Ecuador sluit die Galápagos-eilande (Spaans: Islas Galápagos of Archipiélago de Colón) in die Stille Oseaan, ongeveer 965 km wes van die vasteland, in. Die eilande het 'n belangrike rol gespeel in Charles Darwin se reise wat sy idees oor evolusie help vorm het.

Ecuador was deel van die magtige Inkaryk, een van die mees gevorderde beskawings in die Nuwe Wêreld, wat ook Peru, Bolivië en Noord-Chili ingesluit het. Ecuador is 'n ruolieprodusent en was van 1973 tot 1992 'n lid van OPUL, in 2007 het dié land weer by OPUL aangesluit.[12]

  1. (es) "Constitución Política de la República del Ecuador". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2015. Besoek op 13 September 2014.
  2. (es) "Tratado de paz y amistad celebrado entre España y la República del Ecuador: en 16 de febrero de 1840". España en la Imprenta Nacional. 1 Januarie 1841. Besoek op 25 Mei 2017 – via Google Books.
  3. 3,0 3,1 (en) "Ecuador". Central Intelligence Agency. Besoek op 23 November 2023.
  4. (es) "Inicio". Ecuador en cifras. Besoek op 23 November 2023.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Ecuador". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 23 November 2023.
  6. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 23 November 2023.
  7. (en) "Gini Index – Ecuador". Wêreldbank. Besoek op 23 November 2023.
  8. (es) "Constitución de la República del Ecuador en Shuar". Issuu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2019. Besoek op 21 Februarie 2019.
  9. (es) "¡Iniuri seamkur!, Ayamrumamu nuyá Iniankasrik Ayamruma Papi" (PDF). INREDH. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Februarie 2019. Besoek op 21 Februarie 2019.
  10. (es) "Chicham atiakur metek atin turakur, pénke takakainiachu tuke enentaimtusartiniaitji" (PDF). Secretaría Nacional de Planificación y Desarrollo. 2014.[dooie skakel]
  11. (es) Pellizzaro, Siro M.; Nàwech, Fàusto Oswaldo (2003). Chicham: Dictionario Enciclopédico Shuar-Castellano. Wea Nekaptai.
  12. (en) "Ecuador facts and figures". OPUL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 25 Mei 2017.