Fidji

Republiek Fidji
Republic of Fiji (Engels)
Matanitu Tugalala o Viti (Fidjiaans)
रिपब्लिक ऑफ फीजी (Fidjiaanse Hindi)
Ripablik ăph Phījī (Transliterasie)
Vlag van Fidji Wapen van Fidji
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Rerevaka na Kalou ka Doka na Tui
(Fidjiaans vir: "Vrees God en eer die Koningin")
Volkslied: God Bless Fiji
(Engels vir: "God seën Fidji")
Ligging van Fidji
Hoofstad Suva

18°10′S 178°27′O / 18.167°S 178.450°O / -18.167; 178.450

Grootste stad Suva[1]
Amptelike tale Engels, Fidjiaans en Fidjiaanse Hindi[2]
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Wiliame Katonivere
Sitiveni Rabuka
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek
• Huidige grondwet

10 Oktober 1970
7 Oktober 1987
6 September 2013
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
18 274 km2  (151ste)
7 056 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
926 276[3] (161ste)
884 887[4]
46,4 / km2 (148ste)
120,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$12,685 miljard[5]
$13 944[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$4,859 miljard[5]
$5 341[5]

MOI (2021) 0,730[6] (99ste)  –  hoog
Gini (2019) 30,7[7] –  medium
Geldeenheid Dollar (FJD)
Tydsone
 - Somertyd
FJT (UTC+12)
FJST[8] (UTC+13[9])
Internet-TLD .fj
Skakelkode +679

Fidji (Engels: Fiji, [ˈfiːdʒiː], ; Fidjiaans: Viti, [ˈβitʃi]; Fidjiaanse Hindi: फ़िजी, Fijī), amptelik die Republiek Fidji (Engels: Republic of Fiji;[10] Fidjiaans: Matanitu Tugalala o Viti;[11] Fidjiaanse Hindi: फ़िजी गणराज्य,[12] Ripablik ăph Phījī), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 18 274 km². In 2018 het dit 'n bevolking van 926 276 gehad. Fidji bestaan hoofsaaklik uit die twee eilande Viti Levu en Vanua Levu, asook omliggende eilandjies, met die Korosee binne-in.

Nasa-satellietbeeld van Fidji
Kaart van Fidji

Fidji is in die ooste van Vanuatu en Nieu-Kaledonië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die suide van Tuvalu en Wallis en Futuna, in die weste van Tonga en in die noorde van Nieu-Seeland geleë. Die hoofstad en grootste stad is Suva.

Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman het in 1643 die eerste Europeër geword wat Fidji bereik het. Fidji het in 1874 'n Britse kolonie geword en die Britte het kontrakwerkers vir die suikerplantasies uit Brits-Indië ná Fidji gebring. Op 10 Oktober 1970 het Fidji sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk ontvang en op 7 Oktober 1987 ná verskeie staatsgrepe 'n republiek geword. Fidji is 'n unitêre parlementêre grondwetlike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.

  1. (en) "Age, Sex and Marital Status by Urban and Rural Enumeration, Fiji 2007". Fidjiaanse Kantoor van Statistiek. Besoek op 17 April 2020.
  2. (en) "Section 4 of Fiji Constitution". servat.unibe.ch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 17 April 2020.
  3. (en) "Fiji Demographics Profile 2019". Index Mundi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2020. Besoek op 17 April 2020.
  4. (en) "Fiji Bureau of Statistics Releases 2017 Census Results". Fidjiaanse Regering. 10 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 17 April 2020.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Fiji". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op 31 Desember 2022.
  6. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 31 Desember 2022.
  7. (en) "Gini Index – Fiji". Wêreldbank. Besoek op 31 Desember 2022.
  8. (en) "FJST – Fiji Summer Time". www.timeanddate.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2019. Besoek op 17 April 2020.
  9. (en) "Fiji Reignites Daylight Saving Time on November 29". timeanddate.com. 10 November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2019. Besoek op 17 April 2020.
  10. (en) "Country is now officially called Republic of Fiji". Fijivillage.com. 3 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019. Besoek op 17 April 2020.
  11. (fj) Yavunivakavulewa ni Matanitu Tugalala o Viti Geargiveer 1 November 2013 op Wayback Machine. fiji.gov.fj
  12. (hi) रिपब्लिक ऑफ फीजी का संविधान Geargiveer 1 November 2013 op Wayback Machine