Groenland

Groenland
Kalaallit Nunaat (Groenlands)
Grønland (Deens)
Vlag van Groenland Wapen van Groenland
Vlag Wapen
Volkslied: Nunarput, utoqqarsuanngoravit
(Groenlands vir: "Jy ons ou Land")

Nuna asiilasooq
(Groenlands vir: "Die land van groot lengte")
Ligging van Groenland
Hoofstad Nuuk (Godthåb)

64°10′N 51°44′W / 64.167°N 51.733°W / 64.167; -51.733

Grootste stad Nuuk
Amptelike tale Groenlands
Regering

Monarg
• Hoë Kommissaris
Eerste Minister
Parlementêre demokrasie
binne ’n grondwetlike monargie
Frederik X
Julie Præst Wilche
Múte Bourup Egede
Onafhanklikheid
Outonomiteit binne die
• Noorse heerskappy
• Kontak herstel
• Afgestaan aan Denemarke
• Amptelike status
• Tuisregering
• Verdere outonomie
en selfbestuur

Koninkryk van Denemarke
1261
1721
14 Januarie 1814
5 Junie 1953
1 Mei 1979

21 Junie 2009[1]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 166 086 km2  (12de)
836 330 myl2
83,1
Bevolking
 - 2022-skatting
 - Digtheid
 
56 725[2] (210de)
0,028 / km2 (244ste)
0,069 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$1,8 miljard[3]
$37 000

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

DKK 20,1 miljard[4]
$3,08 miljard[5]
DKK 358 000[4]
$54 694[6]

MOI (2010) 0,786[7] (61ste)  –  baie hoog
Gini (2015) 33,9[8](61ste) –  hoog
Geldeenheid Deense kroon (DKK)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC±0 tot -4)
(UTC±0 tot -4)
Internet-TLD .gl
Skakelkode +299

Groenland (Groenlands: Kalaallit Nunaat, [kaˈlaːɬit ˈnunaːt]; Deens: Grønland, [ˈɡ̊ʁɶnˌlanˀ]) is 'n eilandstaat in die noordelike Atlantiese Oseaan, noordoos van Kanada en noordwes van Ysland. Met 'n oppervlakte van 2 166 086 km² is dit die grootste eiland ter wêreld. Groenland maak deel uit van die Koninkryk van Denemarke. Dit het sedert 1979 'n onafhanklike posisie ten opsigte van Denemarke (status aparte) en behoort sedert 1985 nie meer aan die Europese Unie nie. Die hoofstad en grootste stad is Nuuk (Deens: Godthåb).

Nasa-Satellietbeeld van Groenland
Kaart van Groenland

Groenland behoort geografies tot Noord-Amerika en geologies gesien tot die Kanadese plaat. 80% van die land is bedek met 'n yslaag van tot 3 km dik. Slegs die kusstrook van 15–150 km breed, veral in die suide en weste, is bewoonbaar, as gevolg van die invloed van die Golfstroom. Die kus is ingekerf met enorme fjorde en gletsers, waarvan ysberge afbreek. Groenland het 'n poolklimaat.

Groenland strek vanaf die Arktiese Oseaan in die noorde tot by die Atlantiese Oseaan in die suide en word deur die Lincolnsee in die noordweste, die Wandelsee in die noordooste, die Groenlandsee in die ooste, die Straat van Denemarke in die suidooste, die Labradorsee in die suide, die Davis-straat in die suidweste, die Baffinbaai in die weste en die Nares-straat in die noordweste begrens. Wes van Groenland is die Kanadese Arktiese Argipel met groot eilande soos Baffin-eiland, Devon-eiland en Ellesmere-eiland (van noord na suid), suidwes is die Kanadese Labrador-skiereiland, in die suide die Atlantiese Oseaan, in die suidooste is Ysland, in die ooste die Noorde eiland Jan Mayen en in die noordooste die Noorse eilandgroep Svalbard geleë.

Die oorspronklike inwoners, die Inuïete (ook eskimo's genoem), is vanouds nomade. Hulle vorm egter slegs 'n klein groep. Verreweg die meeste inwoners leef in die suidweste en is Groenlanders, 'n vermenging van Dene en Inuïete. Hulle praat Groenlands, wat 'n dialek is van die Inuïete. Deens en Inuit is die amptelike tale. 'n Derde groep inwoners bestaan uit Europeërs, veral Dene. Soldate van die Verenigde State is in die Thulebasis gestasioneer en die noordelikste weermagbasis van die Deense Weermag is in Nord geleë.

Die Groenlandse ekonomie steun hoofsaaklik op vissery, jag, skaapboerdery en mynbou. Groenland voer onder andere pelse en mynbouprodukte soos krioliet, kwarts, glimmer, lood, sink en ystererts uit. Dit het in die verlede ook walvisprodukte uitgevoer.

Die belangrikste geloof is, soos in Denemarke, Lutheranisme. Die Christendom is in ongeveer die eerste millennium n.C. deur die Deense kolonis Leif Erikson ingevoer.

  1. (en) "Self-rule introduced in Greenland". BBC. 21 Junie 2009. Besoek op 15 Januarie 2024.
  2. (en) "Population of Greenland". World Population Review. Besoek op 15 Januarie 2024.
  3. (en) Greenland in Figures 2013 (PDF). Statistiek Groenland. ISBN 978-87-986787-7-9. ISSN 1602-5709. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 September 2013. Besoek op 2 September 2013.
  4. 4,0 4,1 (da) "Pressure on the economy and growing need for reforms" (PDF). Deense Nasionale Bank. 24 November 2022. Besoek op 15 Januarie 2024.
  5. (en) "Greenland | Data". Wêreldbank. Besoek op 15 Januarie 2024.
  6. (en) "GDP per capita (Current US$) – Greenland | Data". Wêreldbank. Besoek op 15 Januarie 2024.
  7. (en) Avakov, Aleksandr Vladimirovich (2012). Quality of Life, Balance of Powers, and Nuclear Weapons (2012): A Statistical Yearbook for Statesmen and Citizens. Algora Publishing. p. 51. ISBN 978-0-87586-892-9.
  8. (en) "Gini Index coefficient". Central Intelligence Agency. Besoek op 15 Januarie 2024.