Laos

Demokratiese Volksrepubliek Laos
ສາທາລະນະລັດ ປະຊາທິປະໄຕ ປະຊາຊົນລາວ (Lao)
Vlag van Laos Embleem van Laos
Vlag Embleem
Nasionale leuse:
ສັນຕິພາບ ເອກະລາດ ປະຊາທິປະໄຕ ເອກະພາບ ວັດທະນາຖາວອນ
(Lao vir: "Vrede, Onafhanklikheid, Demokrasie, Eenheid en Welvaart")
Volkslied: ເພງຊາດລາວ
(Lao vir: "Volkslied van Laos")
Ligging van Laos
Hoofstad Vientiane

17°58′N 102°36′O / 17.967°N 102.600°O / 17.967; 102.600

Grootste stad Vientiane
Amptelike tale Lao
Regering Unitêre Marxisties-Leninistiese
enkelparty sosialistiese republiek
Thongloun Sisoulith
Bounthong Chitmany
Pany Yathotou
Sonexay Siphandone
Onafhanklikheid
Vorming
• Koninkryk Lan Xang
• Luang Phrabang,
Vientiane en Champasak
• Vasal van Thonburi en Siam
• Opvolgingsoorlog
• Frans-Indochina
• Verenigde Koninkryk
• Onafhanklikheid verklaar
• Onafhanklikheid erken
• Burgeroorlog

• Monargie afgeskaf
• Huidige grondwet


1353–1707

1707–1778
1778–1893
1826–1828
1893–1953
11 Mei 1947
19 Julie 1949
22 Oktober 1953
9 November 1953
2 Desember 1975
2 Desember 1975
14 Augustus 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
236 800 km2  (82ste)
91 400 myl2
2
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2015-sensus
 - Digtheid
 
7 749 595[1] (103de)
6 492 228[2]
26,7 / km2 (151ste)
69,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$68,573 miljard[3] (109de)
$9 166[3] (127ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$16,250 miljard[3] (131ste)
$2 172[3] (148ste)

MOI (2021) 0,607[4] (140ste)  –  medium
Gini (2018) 38,8[5] –  medium
Geldeenheid Kip (LAK)
Tydsone
 - Somertyd
ICT (UTC+7)
nie toegepas nie (UTC+7)
Internet-TLD .la
Skakelkode +856

Laos (Lao: ລາວ, Lāo, [láːw]), amptelik die Demokratiese Volksrepubliek Laos (ສາທາລະນະລັດ ປະຊາທິປະໄຕ ປະຊາຊົນລາວ, Sathalanalat Paxathipatai Paxaxôn Lao), is 'n landingeslote land in Suidoos-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 236 800 km² en het 'n bevolking van 7 749 595 in 2022 gehad.

Nasa-Satellietbeeld van Laos
Kaart van Laos
Topografiese kaart van Laos

Laos is in die noordooste van Thailand, in die weste van Viëtnam, in die suidooste van Mianmar en die Volksrepubliek China, en in die noorde van Kambodja geleë. Die hoofstad en grootste stad is Vientiane wat aan die Mekongrivier net noord van Thailand geleë is.

Die Mekongrivier speel 'n belangrike rol in die ekonomiese lewe van Laos. Die riviervallei is die vrugbaarste gebied van die land en word intensief met rys bebou. Daar heers 'n moesonklimaat en tweederdes van die land is met oerwoud bedek. Sedert sy ontstaan met die stigting van die Koninkryk Lan Xang in 1355 het dele van Laos voortdurend in die hande van sy buurstate geval.

In 1893 het Indo-China onder Franse bestuur gekom en is die eenheid van Laos herstel. Na die Franse nederlaag by Dien Bien Phu (1954) in Viëtnam het Laos onafhanklik geword. Binnelands was die land egter steeds verdeel met die regse en neutrale groepe aan die een kant en die Kommunistiese Pathet-Laos aan die ander kant. In Desember 1975 het die Nasionale Volkskongres die Demokratiese Volksrepubliek Laos uitgeroep en die invloed van die regse en neutrale groepe is uitgeskakel. Laos is sentraal geleë in die Suidoos-Asiatiese skiereiland. Die land het geen kus nie en dus ook geen hawe wat hom met die buiteland verbind nie.

Laos grens in die noorde aan die Volksrepubliek China, in die ooste aan Viëtnam, in die suide aan Kambodja, in die weste aan Thailand en in die noordweste aan Mianmar. Die Mekongrivier is die land se enigste verbinding met die see, maar is weens stroomversnellings moeilik bevaarbaar. Laos het 'n tropiese moesonklimaat met 'n gemiddelde maandelikse neerslag van 300 mm in die dale en 600 mm teen die berghellings. Van einde Mei tot begin Oktober waai die suidwesmoeson en is dit warm en vogtig (gemiddelde temperatuur 28°C).

Van Oktober tot Februarie waai die noordoosmoeson, wat ’n droë en koel klimaat teweegbring. Na Februarie styg die temperatuur weer en bereik in April 'n maksimum van 36°C. Die Mekongvallei met sy dale en syriviere aan die westelike grens van Laos is die belangrikste woongebied van die bevolking. Die land is grotendeels bergagtig en bedek met oerwoude. Omtrent die helfte van die land lê hoër as 600 m bo seespieël, wat ernstige verkeershindernisse met die binneland vorm.

Die breë, noordelike deel van die land, die bergland tussen die Mekong- en die Rooirivier, bestaan uit diep klowe en plato's wat op plekke hoër as 2 000 m is. In die smal, middelste gedeelte te die hoogste berge in die land, naamlik Phu Bia (2 817 m) en Phu Xai Lai Lieng (2 711 m). In die suide van Laos, aan die grens met Vietnam, lê die Annamese Hoogland en die Plato van Bolovens.

  1. (en) "Laos". Central Intelligence Agency. Besoek op 31 Desember 2022.
  2. (en) "Laos". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2017.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Laos". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op 31 Desember 2022.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 31 Desember 2022.
  5. (en) "Gini index – Lao PDR". Wêreldbank. Besoek op 31 Desember 2022.