Letland

Republiek Letland
Latvijas Republika (Lets)
Latvejas Republika (Letgallies)
Lețmō Vabāmō (Lyfs)
Vlag van Letland Wapen van Letland
Vlag Wapen
Volkslied: Dievs, svētī Latviju!
(Lets vir: "God seën Letland!")
Ligging van Letland
Hoofstad Riga

56°57′N 24°6′O / 56.950°N 24.100°O / 56.950; 24.100

Grootste stad Riga
Amptelike tale Letsa
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Edgars Rinkēvičs
Evika Siliņa
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
• Grondwet goedgekeur
• Eerste Sowjet-besetting
Nazi-Duitse besetting
• Tweede Sowjet-besetting
• Onafhanklikheid verklaar
• Onafhanklikheid herstel
• Onafhanklikheid erken
• Huidige grondwet
van die Russiese Ryk
18 November 1918[1]
26 Januarie 1921
7 November 1922
5 Augustus 1940
10 Julie 1941
1944
4 Mei 1990
21 Augustus 1991[2]
6 September 1991
6 Julie 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
64 589 km2  (122ste)
24 938 myl2
2,09 (2015)[3]
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
1 842 226[4] (146ste)
2 070 371[5]
29,6 / km2 (147ste)
76,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$80,330 miljard[6] (104de)
$42 997[6] (51ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$50,354 miljard[6] (96ste)
$26 952[6] (42ste)

MOI (2021) 0,863[7] (39ste)  –  baie hoog
Gini (2023) 34,0[8] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .lv, .eu
Skakelkode +371
a. Lets is is die enigste amptelike taal.[9][10] Lyfs word erken as 'n inheemse taal en geniet wettige status.[11] Letgallies en die Letse gebaretaal geniet ook wettige status.[12]

Letland (Lets: Latvija, [ˈlatvija], ; Letgallies: Latveja; Lyfs: Lețmō), amptelik die Republiek Letland (Lets: Latvijas Republika; Letgallies: Latvejas Republika; Lyfs: Lețmō Vabāmō), is 'n republiek in Noordoos-Europa, een van die Baltiese lande aan die Oossee. Die land word verder begrens deur Estland in die noorde, Litaue en Belarus in die suide en Rusland in die ooste. Nes Estland en Litaue word Letland dikwels 'n Baltiese Tier genoem.

Nasa-Satellietbeeld van Letland
Kaart van Letland (CIA)

Die land is geografies, in oppervlakte en inwonertal die middelste van die Baltiese lande, en verenig elemente van beide buurlande: dit deel sy Baltiese taal, Lets, met Litaue, waar die verwante Litaus gepraat word, en dit deel sy oorwegend Lutherse geloof met Estland. Die geskiedenis van Letland vertoon groot ooreenkomste met dié van Estland, en veel minder met dié van Litaue. Letland het ná 'n langdurige Sowjet-besetting in 1991 sy onafhanklikheid herwin nadat dit reeds tussen 1918 en 1940 as onafhanklike republiek bestaan het. 'n Erfenis van die Sowjet-tydperk is die groot aantal Russiessprekende inwoners.

Die hoofstad van Letland is Riga en die grootste rivier die Daugava of Westelike Dwina, onderskeidelik die grootste stad en die grootste rivier in die Baltiese gebied. Letland kan verdeel word in vier historiese landskappe: Koerland (Kurzeme), Lyfland (Vidzeme), Semgale (Zemgale) en Letgallen (Latgale). Letland is sedert 1 Mei 2004 'n lidland van die Europese Unie en die Euro is op 1 Januarie 2014 as geldeenheid ingevoer. Op 1 Julie 2016 het Letland by die OESO aangesluit.[13]

'n Kenmerk van die huidige Letland is die groot teenstellings tussen die besige hoofstad, 'n voormalige lid van die magtige Hanseverbond waar Letland se ekonomiese opswaai merkbaar word, en die rustige idille – en soms ook armoede – van die landelike streke. Naas lae geboorte- en hoë sterftesyfers bly die grootskaalse emigrasie van Lette na Wes-Europa 'n groot uitdaging. Sedert 2004 het 'n vyfde van die Lettiese bevolking hulle in welvarende lande soos die Verenigde Koninkryk, die Republiek Ierland en Duitsland hervestig.[14]

  1. (en) Ģērmanis, Uldis (2007). Ojārs Kalniņš (red.). The Latvian Saga (11th uitg.). Riga: Atēna. p. 268. ISBN 9789984342917. OCLC 213385330.
  2. (en) "History – The History of Diplomatic Relations between Finland and Latvia". Finse Ambassade in Riga. 9 Julie 2008. Besoek op 26 Januarie 2019. Latvia declared independence on 21 August 1991...The decision to restore diplomatic relations took effect on 29 August 1991
  3. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 4 Maart 2024.
  4. (en) "Latvia". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 Maart 2024.
  5. (en) "Population Census 2011 – Key Indicators". Central Statistical Bureau of Latvia. 2 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2018. Besoek op 11 November 2017.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Latvia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 4 Maart 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 4 Maart 2024.
  8. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 4 Maart 2024.
  9. (en) "The Constitution of the Republic of Latvia, Chapter 1 (Article 4)". Parlement van die Republiek Letland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2013. Besoek op 5 Desember 2013.
  10. (en) "Official Language Law, Section 3 (Article 1)". Parlement van die Republiek Letland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2014. Besoek op 4 Januarie 2014.
  11. (en) "Official Language Law, Sections 4, 5 and 18 (Article 4)". Likumi.lv. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019. Besoek op 5 Julie 2019.
  12. (en) "Official Language Law, Section 3 (Articles 3 and 4)". Parlement van die Republiek Letland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2014. Besoek op 4 Januarie 2014.
  13. (en) "Latvia's accession to the OECD". OESO. 1 Julie 2016. Besoek op 4 Maart 2024.
  14. (de) Baltische Rundschau, 19 Februarie 2018: Lettland: Abwanderung sorgt für Probleme. Besoek op 6 Junie 2018