Marokko

Koninkryk Marokko
المملكة المغربية (Arabies)
ⵜⴰⴳⵍⴷⵉⵜ ⵏ ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ (Berbers)
Vlag van Marokko Wapen van Marokko
Vlag Wapen
Nasionale leuse: الله، الوطن، الملك (Arabies)
Allāh, al-Waṭan, al-Malik
ⴰⴽⵓⵛ, ⴰⵎⵓⵔ, ⴰⴳⵍⵍⵉⴷ (Berbers)
Akush, Amur, Agllid
(Afrikaans: "God, Vaderland, Koning")
Volkslied: النشيد الوطني المغربي (Arabies)
ⵉⵣⵍⵉ ⴰⵏⴰⵎⵓⵔ ⵏ ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ (Berbers)
(Arabies vir: "Cherifiese volkslied")
Ligging van Marokko
Hoofstad Rabat

34°02′N 6°51′W / 34.033°N 6.850°W / 34.033; -6.850

Grootste stad Casablanca

33°32′N 7°35′W / 33.533°N 7.583°W / 33.533; -7.583

Amptelike tale Arabies en Berbers
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie[1]
Mohammed VI
Aziz Akhannouch
Onafhanklikheid
Vorming
• Idrisid-dinaste (stigting)
• Alaouite-dinaste (hede)
• Protektoraat gestig
• Protektoraat afgeskaf


788
1631
30 Maart 1912
7 April 1956
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
446 550 of 710 850 km2  (57ste of 39ste)
172 410 of 274 460 myl2
0,056
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
37 112 080[2] (39ste)
33 848 242[3]
50,0 / km2 (122ste)
129,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$291,495 miljard[4]
$8 027[4]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$124,003 miljard[4]
$3 415[4]

MOI (2019) 0,686[5] (121ste)  –  medium
Gini (2013) 39,5[6] –  medium
Geldeenheid Dirham (MAD)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
WAST (UTC+1)
Internet-TLD .ma
Skakelkode +212

Marokko (Arabies: المغرب, al-maġhrib, letterlik "plek waar die son sak", "plek van sononder" of "die weste"; Berbers: ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ, lmeɣrib; Frans: Maroc), amptelik die Koninkryk Marokko (Arabies: المملكة المغربية, al-mamlakah al-maghribiyah, letterlik "die westelike Koninkryk"; Berbers: ⵜⴰⴳⵍⴷⵉⵜ ⵏ ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ, tageldit n lmaɣrib; Frans: Royaume du Maroc), is 'n land in Noordwes-Afrika. Dit het 'n lang kuslyn aan die Atlantiese Oseaan wat verby die Straat van Gibraltar strek tot in die Middellandse See. Die land grens aan Algerië in die ooste. Die suidgrens met Wes-Sahara en Mauritanië is omstrede. Die Spaanse eksklawes Ceuta en Melilla word ook deur Marokko opgeëis.[7]

Nasa-Satellietbeeld van Marokko
Kaart van Marokko. Die kaart sluit nie Marokko se aanspraak op Wes-Sahara in nie. Kaarte uit Marokko wys Wes-Sahara as deel van Marokko
Topografiese kaart van Marokko

Wes-Sahara is grotendeels onder die gesag van Marokko, die gebiede wat nie deur Marokko beset word nie, vorm deel van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara wat deur die Polisario gelei word. Weens die konflik om Wes-Sahara het Marokko op 12 November 1984 van die Organisasie vir Afrika-eenheid onttrek en daarmee die enigste land van Afrika geword wat nie 'n lidland van die Afrika-unie was nie. In 1987 het Marokko vir lidmaatskap by die Europese Gemeenskap, die voorganger van die huidige Europese Unie, gevra, maar is weens sy ligging in Afrika afgewys. Op 30 Januarie 2017 het Marokko ondanks die Wes-Sahara-konflik 'n lid van die AU geword.[8]

Marokko het 'n oppervlakte van 446 550 (sonder Wes-Sahara) of 710 850 (met Wes-Sahara) en 'n bevolking van 33 250 000 in 2014 gehad. Die hoofstad is Rabat en die grootste stad is Casablanca. Ander groot stede sluit in Fes, Marrakesj en Tangier. Marokko se sentrale streek word deur die Atlasgebergte beheer.

  1. (fr) "Constitution of the Kingdom of Morocco, I-1" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Mei 2012. Besoek op 9 Januarie 2013.
  2. (en) "Morocco Population, 1960–2019 – knoema.com". Knoema. 2019. Besoek op 2 April 2020.
  3. (fr) "RGBH 2014". Haut Commissariat au Plan (HCP). 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 30 Oktober 2019.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Morocco". Internasionale Monetêre Fonds. April 2021. Besoek op 11 Oktober 2021.
  5. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 11 Oktober 2021.
  6. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 11 Oktober 2021.
  7. (en) "Ceuta, Melilla profile". BBC. 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 30 Oktober 2019.
  8. (en) "Morocco to rejoin African Union despite Western Sahara dispute". BBC. 30 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 30 Oktober 2019.