Meksiko

Verenigde Meksikaanse State
Estados Unidos Mexicanos (Spaans)
Vlag van Meksiko Wapen van Meksiko
Vlag Wapen
Volkslied: Himno Nacional Mexicano
Ligging van Meksiko
Hoofstad Meksikostad

19°26′N 99°08′W / 19.433°N 99.133°W / 19.433; -99.133

Grootste stad Meksikostad
Amptelike tale Geen op federale vlak niea
Spaans (de facto)b
Regering Federale presidensiële
grondwetlike republiek[1]
Andrés Manuel López
Obrador
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Bereik
• Erken
• Eerste grondwet
• Tweede grondwet
• Huidige grondwet
van Spanje
16 September 1810[2]
27 September 1821
28 Desember 1836
4 Oktober 1824
5 Februarie 1857
5 Februarie 1917
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 972 550 km2  (13de)
761 610 myl2
1,58 (2015)[3]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2020-sensus
 - Digtheid
 
129 875 529[4] (10de)
126 014 024[5]
61 / km2 (142ste)
158 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$3 126 miljard[6] (13de)
$23 820[6] (69ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$1 663 miljard[6] (15de)
$12 674[6] (71ste)

MOI (2021) 0,758[7] (86ste)  –  hoog
Gini (2020) 45,4[8] –  hoog
Geldeenheid Peso (MXN)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-5 tot -8)
(UTC-5 tot -7)
Internet-TLD .mx
Skakelkode +52
a. Spaans is de facto die amptelike taal van die federale Meksikaanse regering.
b. Majaans, Mixteeks, Nahuatl, Zapoteeks en 64 andere inheemse tale word sedert 2003 as nasionale tale erken.[9]

Meksiko of Mexiko (Spaans: México, [ˈmexiko], ; Nahuatl: Mexihco, [me:'ʃiʔko]), amptelik die Verenigde Meksikaanse State[10] (Spaans: Estados Unidos Mexicanos,[11] ; Nahuatl: Mexihco Tlacetililli Tlahtohcayotl), is ’n federale presidensiële grondwetlike republiek geleë in Noord-Amerika. Meksiko grens in die noorde aan die Verenigde State van Amerika, in die suide en weste aan die Stille Oseaan, in die suidooste aan Guatemala, Belize en die Karibiese See en in die ooste aan die Golf van Meksiko. Meksiko strek oor ’n gebied van bykans 2 miljoen km² (sowat 760 000 myl²), is die sesde grootste land van die Amerikas wat oppervlakte betref, en die 13de grootste onafhanklike land ter wêreld. Met ’n geskatte bevolking van sowat 130 miljoen in 2023[3] het die land die tiende grootste bevolking ter wêreld, en is benewens die digsbevolkte Spaanssprekende land, ook die tweede mees bevolkte land in Latyns-Amerika naas Brasilië.

Die Majastad Chichén Itzá op die Yucatán-skiereiland, sedert 1988 'n Unesco-Wêrelderfenisgebied

Tydens die Voor-Colombiaanse tydperk, voor die aankoms van die Europeërs in die gebied van die huidige Meksiko, het verskeie belangrike beskawings soos die Olmeke, Mixteke, Tolteke, Teotihuacáne, Zapoteke, Maja, Tlaxcalteke en Asteke hier bestaan. Teen 1521 het die Spaanse Ryk met die verowering en kolonisasie van die gebied vanuit hul basis in México-Tenochtitlan begin en die Vise-Koninkryk Nieu-Spanje gestig. Met die onafhanklikheidsverklaring van Spanje op 16 September 1810 het die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog begin, op 27 September 1821 het Meksiko sy onafhanklikheid verkry en op 28 Desember 1836 is dit deur Spanje erken. Ná die onafhanklikheidsoorlog het Meksiko sy eerste grondwet op 4 Oktober 1824 bekragtig en die huidige grondwet is tydens die Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) op 5 Februarie 1917 aanvaar. Die oppervlakte van Meksiko is gedurende die 19de eeu met die onafhanklikheidsverklaring van die Sentraal-Amerikaanse lande en ná oorloë teen die Verenigde State van Amerika meer as gehalveer.

Die Verenigde Meksikaanse State is ’n federale presidensiële grondwetlike republiek met ’n presidensiële stelsel en ’n tweekamerparlement, bekend as die kongres van die Unie (Congreso de la Unión), wat uit die senaat van die republiek (Senado de la República) en die huis van afgevaardigdes (Cámara de Diputados) bestaan. Die land se hoofstad en grootste stad is Meksikostad, wat nie deel uitmaak van een van die 31 deelstate nie, maar sedert onlangse strukturele hervormings ’n soortgelyke status het. Die stadsregering pleit egter vir die amptelike status van ’n deelstaat.

  1. (es) "Politieke Grondwet van die Verenigde Meksikaanse State, titel 2, artikel 40" (PDF). MX Q: SCJN. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2011. Besoek op 14 Augustus 2010.
  2. (en) Rafaela Castro (2000). Chicano Folklore: A Guide to the Folktales, Traditions, Rituals and Religious Practices of Mexican Americans. Oxford University Press. p. 83. ISBN 978-0-19-514639-4. Besoek op 1 Desember 2018.
  3. 3,0 3,1 (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 22 Julie 2023.
  4. (en) "Mexico". Central Intelligence Agency. Besoek op 22 Julie 2023.
  5. (es) "Censo Población y Vivienda 2020". INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. Besoek op 26 Januarie 2021.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Mexico". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 22 Julie 2023.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 22 Julie 2023.
  8. (en) "Gini Index – Mexico". Wêreldbank. Besoek op 22 Julie 2023.
  9. (es) "Catálogo de las lenguas indígenas nacionales: Variantes lingüísticas de México con sus autodenominaciones y referencias geoestadísticas". Inali.gob.mx. Besoek op 1 Desember 2018.
  10. (es) "Acerca de México". Washington, D.C.: Embajada de Mexico en Estados Unidos (Meksikaanse Ambassade in die Verenigde State), Ministerio de Relaciones Exteriores (Ministerie van Buitelandse Betrekkinge). Besoek op 21 Julie 2016.[dooie skakel]
  11. (es) "Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos (Politiese Grondwet van die Verenigde Meksikaanse State)" (PDF). MX: Regering van Meksiko. 27 April 2010. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2018. Besoek op 1 Desember 2018.