Nyldelta

Die Nylrivier en sy delta (satellietfoto)
'n Nagfoto van die Nyldelta, soos gesien vanuit die Internasionale Ruimtestasie

Die Nyldelta word by die monding van die Nylrivier in Noord-Egipte gevorm, waar die rivier uitbrei, vertak en uiteindelik in die Middellandse See uitmond. Dit is met 'n oppervlakte van sowat 24 000 vierkante kilometer een van die grootste rivierdeltas ter wêreld en strek van die hawestad Alexandrië in die weste tot by Port Said in die ooste. Die delta beslaan sowat 240 kilometer van die Mediterreense kuslyn en strek 160 kilometer suidwaarts na die binneland, waar dit naby die hoofstad Kaïro begin. Die delta is 'n vrugbare landboustreek.