Pakistan

Islamitiese Republiek Pakistan
Islamic Republic of Pakistan (Engels)
اسلامی جمہوریۂ پاكستان
Islāmī Jumhūriyah Pākistān[1] (Oerdoe)
Vlag van Pakistan Embleem van Pakistan
Vlag Embleem
Nasionale leuse: ایمان، اتحاد، نظم[2]
Īmān, Ittiḥād, Naẓm
(Oerdoe vir: "Geloof, Eenheid, Dissipline")
Volkslied: قومی ترانہ Qaumī Tarānah[3]
(Oerdoe vir: "Volkslied")
Ligging van Pakistan
Hoofstad Islamabad

33°40′N 73°10′O / 33.667°N 73.167°O / 33.667; 73.167

Grootste stad Karatsji

24°51′N 67°01′O / 24.850°N 67.017°O / 24.850; 67.017

Amptelike tale Engels en Oerdoe[4]
Regering Federale parlementêre
grondwetlike republiek
Asif Ali Zardari
Shehbaz Sharif
Onafhanklikheid
Vorming
• Opvatting van Pakistan
• Pakistan-verklaring
• Pakistan-resolusie
• Onafhanklikheid
en Dominium
• Islamitiese Republiek
• Ontbinding van Oos-
en Wes-Pakistan
• Huidige grondwet


29 Desember 1930
28 Januarie 1933
23 Maart 1940

14 Augustus 1947
23 Maart 1956

16 Desember 1971
14 Augustus 1973
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
881 913[5] km2  (33ste)
340 509 myl2
2,86
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2023-sensus
 - Digtheid
 
226 992 332[6] (5de)
241 499 431[7]
273,8 / km2 (56ste)
709,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$1,568 miljard[8] (24ste)
$6 774[8] (138ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$340 636 miljard[8] (46ste)
$1 471[8] (161ste)

MOI (2021) 0,544[9] (161ste)  –  medium
Gini (2018) 29,6[10] –  medium
Geldeenheid Roepee (Rs) (PKR)
Tydsone
 - Somertyd
PK (UTC+05:00)
net soms toegepas (UTC+06:00)
Internet-TLD .pk
Skakelkode +92

Pakistan (Oerdoe: پاكستان, Pākistān), amptelik die Islamitiese Republiek Pakistan (Engels: Islamic Republic of Pakistan; Oerdoe: اِسلامی جمہوریہ پاکِستان‬, Islāmī Jumhūriyah Pākistān), is 'n staat in Suid-Asië. Dit word in die weste begrens deur Iran en Afghanistan, in die noorde deur die Volksrepubliek China en in die ooste deur Indië. In die suide grens die land aan die Arabiese See van die Indiese Oseaan. In die noordooste word Pakistan deur die Himalaja met bergpieke soos Broad Peak, Gasherbrum I, Gasherbrum II, K2 en Nanga Parbat begrens. Pakistan se geografie word gekenmerk deur die Indusvallei.

Nasa-Satellietbeeld van Pakistan
Kaart van Pakistan

Pakistan beslaan 'n oppervlakte van 881 913 km² en het 'n bevolking van 241 499 431 in 2023 gehad. Die hoofstad is sedert 1960 Islamabad en die grootste stad is Karatsji. Ander groot stede sluit in Faisalabad, Gujranwala, Hyderabad, Lahore, Multan, Pesjawar, Quetta en Rawalpindi. Die amptelike tale is Engels en Oerdoe (ook nasionale taal), terwyl ander tale soos Beloetsji, Kasjmiri, Pandjabi, Pasjtoe, Persies en Sindhi net plaaslike erkenning geniet. Belangrike etniese groepe sluit in Beloetsje, Bengale, Muhajirs, Punjabi's, Pasjtoene, Saraiki's en Sindhi's.

Pakistan het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit saam met Bangladesj van sy buurland Indië geskei. In 1971 het die destydse Oos-Pakistan met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin en op 26 Maart 1971 sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar. Met die grondwet van 14 Augustus 1973 het dié land 'n federale parlementêre grondwetlike republiek geword. Pakistan is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Pakistan teen Indië en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.

Die naam Pakistan beteken "Land van die suiwer" in Persies en Oerdoe. Dit is ook afgelei van die gebiede in die voormalige Brits-Indië: Punjab, North-West Frontier Province (Afghania Province), Kasjmir, Sindh en Baluchistan.[11][12][13] Die letter i is toegevoeg om die spelling te verbeter en die korrekte naam in Persies en Oerdoe te kry.[14] Die agtervoegsel ـستان (-stān) is 'n Persiese woord en beteken "die plek van" en herinner ook aan die sinoniem (en verwante) Sanskrit-woord sthāna स्थान.[15] Pakistan beteken dus "land van die Pakistane".

  1. (en) James Minahan (2009). The Complete Guide to National Symbols and Emblems [2 volumes]. ABC-CLIO. p. 141. ISBN 978-0-313-34497-8.
  2. (en) "The State Emblem". Ministerie van Inligting en Uitsaaiwese, Pakistanse regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2007. Besoek op 13 Augustus 2014.
  3. (en) "National Symbols and Things of Pakistan". Pakistanse Regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 13 Augustus 2014.
  4. (en) "Welcome". Pakistanse regering. 2012. Besoek op 5 September 2018. "English, as an Official Language of Pakistan". Heritage Pakistan. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 5 September 2018.
  5. (en) "Pakistan statistics". Geohive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2016. Besoek op 13 Augustus 2014.
  6. (en) "Pakistan Population 2021 (Live)".
  7. (en) "Announcement of Results of 7th Population and Housing Census-2023 'The Digital Census'" (PDF). Pakistanse Statistiekkantoor. 5 Augustus 2023. Besoek op 15 Augustus 2023.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 (en) "Pakistan". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 6 Maart 2024.
  9. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 6 Maart 2024.
  10. (en) "Gini Index – Pakistan". Wêreldbank. Besoek op 6 Maart 2024.
  11. (en) Choudhary Rahmat Ali (28 Januarie 1933). "Now or Never. Are we to live or perish forever?". Besoek op 6 Maart 2024.
  12. (en) S.M. Ikram (1 Januarie 1995). Indian Muslims and partition of India. Atlantic Publishers & Dist. pp. 177–. ISBN 978-81-7156-374-6. Besoek op 6 Maart 2024.
  13. (en) Rahmat Ali. "Rahmat Ali ::Now or Never". The Pakistan National Movement. p. 2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2013. Besoek op 13 Augustus 2014.
  14. (en) Roderic H. Davidson (1960). "Where is the Middle East?". Foreign Affairs. 38 (4): 665–675. doi:10.2307/20029452.
  15. (en) "Monier-Williams Sanskrit Dictionary". 1872. Besoek op 6 Maart 2024.