Russies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Russe.
Russies
русский язык
roesski jazik 
Uitspraak: [ˈruskʲɪj jɪˈzɨk]
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Armenië Armenië
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan
Vlag van Estland Estland
Vlag van Finland Finland
Vlag van Georgië Georgië
Vlag van Kasakstan Kasakstan
Vlag van Kirgisië Kirgisië
Vlag van Letland Letland
Vlag van Litaue Litaue
Vlag van Moldowa Moldowa
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan
Vlag van Belarus Belarus
Vlag van Duitsland Duitsland
Vlag van Israel Israel 
Gebied: Oos-Europa en Noord-Asië
Totale sprekers: 165 miljoen (moedertaal)
110 miljoen (tweede taal) 
Rang: 7
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Oos-Slawies
   Suidoos-Slawies
    Russies 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of the United Nations Verenigde Nasies
GOS
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Belarus Belarus
Vlag van Kasakstan Kasakstan
Vlag van Kirgisië Kirgisië
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan
Vlag van Abchasië Abchasië
Vlag van Suid-Ossetië Suid-Ossetië
Vlag van Transnistrië Transnistrië
Flag of Gagauzia.svg Gagausië
Vlag van Volksrepubliek Donetsk Volksrepubliek Donetsk
Vlag van Volksrepubliek Loehansk Volksrepubliek Loehansk
Gereguleer deur: Russiese Akademie vir Wetenskap
Taalkodes
ISO 639-1: ru
ISO 639-2: rus
ISO 639-3: rus 
Verspreiding van Russies

Russies (ру́сский язы́к, roesski jazik, [ˈruskʲɪj jɪˈzɨk] ) is een van die grootste tale ter wêreld. Dit behoort tot die Indo-Europese taalfamilie en binne dié taalfamilie tot die Slawiese tale. Russies, Oekraïens en Belarussies vorm die Oos-Slawiese taalgroep.

Russies is by verre die grootste en belangrikste Slawiese taal met meer as 160 miljoen moedertaalsprekers en meer as 110 miljoen wat Russies as tweede taal magtig is.[1] Al het Russies sy bloeitydperk as literêre taal reeds in die 19de eeu beleef en val die periode van sy grootste uitbreiding as belangrikste amps-, vreemde en verkeerstaal in die Sowjetunie en die Oosbloklande, insluitende Kuba, in die 20ste eeu, speel die taal steeds 'n belangrike rol as die medium met die tweede grootste inhoud op die internet na Engels en as die tweede of derde mees gesproke taal in lande soos Duitsland en Israel waar groot getalle Russiessprekendes hulle gevestig het. As huistaal vir 881 723 Amerikaners (van wie 'n derde in die deelstaat New York woonagtig was) was Russies in 2009 volgens die Amerikaanse Sensusburo daarnaas een van die tien mees gebesigde tale in die Verenigde State.[2]

Die moderne Russiese skryftaal baseer op die Moskouse dialek van Russies, terwyl sy Cyrilliese alfabet met 33 letters uit die seremoniële Griekse skrif ontwikkel is en godsdienstig-kulturele bande met die Middeleeuse Grieks-Bisantynse wêreld weerspieël. Die beginpunt van moderne Russies word deur wetenskaplikes nie verder terug gedateer as die middel van die 17de eeu nie; in vroeëre taalperiodes oorweeg die invloed van Kerkslawies. Ondanks hervormings is die spelling van moderne Russies nie heeltemal aangepas aan die uitspraak nie en het dit sodoende 'n historiese karakter. Dit beteken dat bepaalde besonderhede nie deur die skryftaal aangedui word nie en derhalwe deur vreemde sprekers aangeleer moet word – net soos die vrye woordaksent van Russies en die harde en sagte (gepalatiseerde) weergawes van Russiese medeklinkers.

  1. Timothy J. Colton: Russia. What Everyone Needs to Know. New York, NY: Oxford University Press 2016, bl. 19
  2. Oksana Laleko: Assessing Heritage Language Vitality: Russian in the United States. In: Heritage Language Journal, 10 (3), Winter 2013, bl. 89