Senegal

Republiek Senegal
République du Sénégal (Frans)
Réewum Senegaal (Wolof)
Vlag van Senegal Wapen van Senegal
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Un Peuple, Un But, Une Foi
(Frans vir: "Een volk, een doel, een geloof")
Volkslied: Le Lion rouge
(Frans vir: "Die rooi leeu")
Ligging van Senegal
Hoofstad Dakar

14°40′N 17°25′W / 14.667°N 17.417°W / 14.667; -17.417

Grootste stad Dakar
Amptelike tale FransWolof (lingua franca)
Regering

President
Eerste Minister
• President van die
Nasionale Vergadering
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Macky Sall
Sidiki Kaba

Amadou Mame Diop
Onafhanklikheid
• van Frankryka
• Onttrekking van die
Mali-Federasie
• Huidige grondwet

4 April 1960

20 Augustus 1960
22 Januarie 2001
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
196 722[1] km2  (86ste)
75 955 myl2
2,1
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
18 384 660[1] (67ste)
16 627 000
68,7 / km2 (134ste)
177,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$87,412 miljard[2] (106de)
$4 684[2] (156ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$35,185 miljard[2] (111de)
$1 886[2] (157ste)

MOI (2021) 0,511[3] (170ste)  –  laag
Gini (2018) 38,3[4] –  medium
Geldeenheid CFA-frank (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .sn
Skakelkode +221
a. met Frans-Soedan binne die Mali-Federasie.

Senegal (Wolof: Senegaal; Frans: Sénégal, ), amptelik die Republiek Senegal (Wolof: Réewum Senegaal; Frans: République du Sénégal), is 'n land suid van die Sénégalrivier in Wes-Afrika. Senegal word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, Mauritanië in die noorde, Mali in die ooste en Guinee en Guinee-Bissau in die suide. Gambië vorm 'n enklawe binne Senegal om die Gambiërivier vir meer as 300 km in die binneland in. Die Kaap Verde-eilandgroep lê ongeveer 560 km wes van die Senegalese kus af.

Nasa-Satellietbeeld van Senegal

Senegal beslaan 'n oppervlakte van 196 712 km² en het 'n bevolking van 17 923 036 in 2022 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Dakar aan die westelikste punt van die Afrikavasteland. Sedert 2014 word in Diamniadio 'n tweede regeringsetel opgerig.[5] Ander belangrike stede sluit in Thiès en Touba. Senegal vorm die mees westelike land op die vasteland van die Ou Wêreld en Afrika-Eurasië.[6] Die kremetartboom en die leeu vorm die twee nasionale simbole van Senegal; albei is in erkenning aan dié land se ryk natuurlewe gekies.[7]

Die gebied van Senegal vorm sedert die 12de eeu deel van die Islamitiese wêreld en is sedertdien deur verskeie Afrikaryke oorheers. In 1895 het dit 'n Franse kolonie geword en in 1946 deel van die Franse Unie. Op 4 April 1959 het Senegal saam met Mali die Mali-Federasie gevorm en op 4 April 1960 van Frankryk onafhanklik geword, maar dié federasie is reeds op 20 Augustus 1960 weer ontbind. Op 1 Februarie 1982 het Senegal saam met Gambië die Senegambiese Konfederasie gestig, wat op 30 September 1989 weer ontbind is nadat Gambië geweier het om nader aan 'n unie te beweeg. Senegal spog met 'n stabiele demokrasie en ekonomiese groei. Dit is 'n lid van die Afrika-unie, die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state (ECOWAS) en die Organisasie van Islamitiese Samewerking (OIS).

  1. 1,0 1,1 (en) "Senegal". Central Intelligence Agency. Besoek op 9 Maart 2024.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Senegal". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 9 Maart 2024.
  3. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 9 Maart 2024.
  4. (en) "Gini index – Senegal". Wêreldbank. Besoek op 9 Maart 2024.
  5. (en) "Unravelling the mystery of Akon's Wakanda". BBC. 23 Junie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 30 Januarie 2019.
  6. (en) Janet H. Gritzner, Charles F. Gritzner – 2009, Senegal – bl. 8
  7. (en) "Senegal". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Maart 2024.