Somalies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Somaliërs.
Somalies
اللغة الصومالية, Af-Soomaali 
Uitspraak: [æ̀f sɔ̀ːmɑ́ːlì]
Gepraat in: Vlag van Somalië Somalië
Puntland
Vlag van Somaliland Somaliland
Vlag van Djiboeti Djiboeti
Vlag van Ethiopië Ethiopië
Vlag van Jemen Jemen
Vlag van Kenia Kenia 
Gebied: Horing van Afrika
Totale sprekers: 15 miljoen[1]
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Koesjities
  Laagland Oos-Koesjities
   Somalies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Arabiese alfabet
Osmanya-alfabet
Borama-alfabet
Kaddare-alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Ethiopië Ethiopië
Vlag van Somalië Somalië
Puntland
Vlag van Somaliland Somaliland
Gereguleer deur: Plaaslike Somaliese Taalakademie
Taalkodes
ISO 639-1: so
ISO 639-2: som
ISO 639-3: som 
Verspreiding van Somalies

Somalies (اللغة الصومالية, Af-Soomaali, [æ̀f sɔ̀ːmɑ́ːlì]) is ná Oromo die belangrikste Koesjitiese taal wat deur sowat 15 miljoen mense in Somalië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Arabies die amptelike tale van dié land en is ook die amptelike taal van die omstrede gebiede Puntland en Somaliland. Daar is ook Somaliessprekende minderhede in Djiboeti, Ethiopië, Jemen en Kenia. Somalies word met beide die Latynse en die Arabiese alfabet geskryf. Somalies word as 'n Laagland Oos-Koesjitiese taal gekategoriseer met die naaste verwante Afar, Saho en Oromo.[2]

Die Osmanya-skrif is oorspronklik vir Somalies ontwerp

Somalies het in 1972 die amptelike taal van Somalië geword en word ook deur die Somaliese Diaspora wêreldwyd gepraat. Somalies vorm die derde mees verspreide taal in Ethiopië na Oromo en Amharies en word veral in die Ogaden-streek gebesig, een van nege etniese streke. Somalies is Djiboeti se belangrikste taal met sowat 60% van die bevolking wat dit praat, nog voor Afar met 35%. Sedert 2020 dien Somalies saam met Afar, Amharies, Engels, Oromo en Tigrinya as amptelike tale van Ethiopië.[3]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Somali". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  2. (en) Lewis, I. (1998). Peoples of the Horn of Africa: Somali, Afar and Saho. Red Sea Press. p. 11.
  3. (en) "One to five: Ethiopia gets four new federal working languages". Africa News. 4 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.