Suid-Afrika

Suid-Afrika
Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)
Republic of South Africa (Engels)
Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)
IRiphabliki yeSewula Afrika (Suid-Ndebele)
Rephaboliki ya Afrika Borwa (Suid-Sotho)
IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)
Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga)
Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)
Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)
IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)
IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)
(al elf name is amptelik)
[1]
Vlag van Suid-Afrika Wapen van Suid-Afrika
Vlag Wapen
Nasionale leuse: !ke e: ǀxarra ǁke
(ǀXam vir: "Verskillende mense verenig")
Volkslied: Nasionale lied van Suid-Afrika
Ligging van Suid-Afrika
Hoofstad Kaapstad (wetgewend)[2]
Pretoria (administratief)[2]
Bloemfontein (geregtelik)[2]
Grootste stad Johannesburg (2006)[3]

26°12′S 28°2′O / 26.200°S 28.033°O / -26.200; 28.033

Amptelike tale Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Suid-Ndebele, Suid-Sotho, Swazi, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zoeloe en Gebaretaal[4]
Regering Unitêre grondwetlike
parlementêre republiek
Cyril Ramaphosa
Paul Mashatile
Amos Masondo
Nosiviwe Mapisa-Nqakula
Raymond Zondo
Onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk
31 Mei 1910
11 Desember 1931
31 Mei 1961
27 April 1994
4 Februarie 1997
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 220 813[2] km2  (24ste)
471 445 myl2
0,380
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
59 620 000[2] (25ste)
51 770 560[5]
42,4 / km2 (169ste)
109,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$990,030 miljard[6] (19de)
$16 091[6] (97ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$399,015 miljard[6] (39ste)
$6 485[6] (96ste)

MOI (2021) 0,713[7] (109de)  –  hoog
Gini (2014) 63[8](2de) –  baie hoog
Geldeenheid Rand (ZAR)
Tydsone
 - Somertyd
SAST (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .za
Skakelkode +27
¹'n klein aantal Suid-Afrikaners gebruik die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese tradisie kom, soos die Pan Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Pan Africanist Congress of Azania (AZAPO).

Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië (1 005 km grens), Botswana (1 969 km grens) en Zimbabwe (230 km grens), en in die noordooste aan Mosambiek (496 km grens) en Eswatini (438 km grens). Lesotho (1 106 km grens) vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.[9]

Saamgestelde Nasa-satellietbeeld van Suid-Afrika, geneem in November 2002

Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is die grootste en mees ontwikkelde op die kontinent met moderne infrastruktuur oor die hele land. Suid-Afrika is 'n lidland van die Afrika-unie, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Daarbenewens is Suid-Afrika die enigste Afrikaland van die Groep van 20 en het in 2010 by BRIC aangesluit, wat vervolgens BRICS geword het.

Rassekonflik tussen die wit minderheid en die swart meerderheid het die Suid-Afrikaanse geskiedenis en politiek lank oorheers. Die tema het 'n hoogtepunt bereik met die apartheidsbewind tussen 1948 en die negentien-negentigs. Nadat die Nasionale Party na die verkiesing van 1948 aan bewind gekom het, is verskeie stelsels ingestel gegrond op eie rasse-ontwikkeling. Wette wat suiwer op eie rasse-ontwikkeling gegrond is, is vanaf 1990 afgeskaf na 'n lang en soms gewelddadige stryd teen apartheid waarin swart mense die leiding geneem het. Wit, Bruin en Indiër-Suid-Afrikaners het egter ook deelgeneem en buitelandse druk was 'n belangrike faktor in die uiteindelike aftakeling van apartheid.

Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is egter op die ou einde op wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika (en die res van die ontwikkelende lande) wat nie 'n staatsgreep ondergaan het nie. Die veelpartysamesprekings, waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel is, het gelei tot die ontwikkeling van die Grondwet van Suid-Afrika met stewige beskerming van menseregte.

Vandag word daar gereeld na Suid-Afrika as die Reënboognasie verwys – 'n term wat aanvanklik deur Aartsbiskop Desmond Tutu bedink is en later op uitgebrei is deur die toenmalige president Nelson Mandela – as 'n metafoor vir die land se nuutgevonde multikulturele diversiteit na die beëindiging van die skeiding wat deur die apartheidsideologie meegebring is. Suid-Afrika is die eerste, en sover enigste, land wat kernwapens ontwikkel het en daarna vrywillig sy hele kernwapenprogram ontbind het.

  1. (en) "The Constitution". Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2013. Besoek op 31 Julie 2013.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 (en) "South Africa at a glance". South African Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 26 Mei 2020.
  3. (en) "Principal Agglomerations of the World". Citypopulation.de. Besoek op 20 Julie 2023.
  4. (en) Alex Patrick, Cebelihle Bhengu (19 Julie 2023). "Sign language officially becomes SA's 12th official language". Nuus24. Besoek op 20 Julie 2023.
  5. (af) nuus24, 30 Oktober 2012: Byna 80% van SA bevolking is swart
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "South Africa". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 20 Julie 2023.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 20 Julie 2023.
  8. (en) "Gini Index – South Africa". Wêreldbank. Besoek op 20 Julie 2023.
  9. (en) Central Intelligence Agency (2 Maart 2023). "South Africa". The World Factbook. Besoek op 20 Julie 2023.