Swahili

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Swahili (volk).
Swahili
Kiswahili
Gepraat in: Vlag van Burundi Burundi
Vlag van Comore-eilande Comore-eilande
Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo
Vlag van Kenia Kenia
Vlag van Madagaskar Madagaskar
Vlag van Malawi Malawi
Vlag van Mayotte Mayotte
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Rwanda Rwanda
Vlag van Somalië Somalië
Vlag van Suid-Soedan Suid-Soedan
Vlag van Tanzanië Tanzanië
Vlag van Uganda Uganda
Vlag van Zambië Zambië 
Gebied: Oos-Afrika
Totale sprekers: 5 (2007) tot 16 miljoen (moedertaal, 2012)[1]
150+ miljoen (tweede taal)[2]
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoid
     Suidelike Bantoid
      Bantoetale
       Noordoos-Kus-Bantoe
        Sabaki
         Swahili 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Arabiese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Afrika-unie
Oos-Afrikaanse Gemeenskap
Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
Vlag van Kenia Kenia
Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo (nasionale taal)[3][4]
Vlag van Rwanda Rwanda
Vlag van Suid-Soedan Suid-Soedan
Vlag van Tanzanië Tanzanië
Vlag van Uganda Uganda
Gereguleer deur: Baraza la Kiswahili la Taifa (Tanzanië)
Chama cha Kiswahili cha Taifa (Kenia)
Taalkodes
ISO 639-1: sw
ISO 639-2: swa
ISO 639-3: swa 
Verspreiding van Swahili

Swahili (Kiswahili of kiSwahili, letterlik: "taal van die Swahili-volk") is 'n taal wat gepraat word in Oos-Afrika en behoort tot die Bantoetaalfamilie. Meer as 150 miljoen mense praat Swahili, maar slegs 5–15 miljoen hiervan is moedertaalsprekers.[5] Swahili is ná Arabies, Frans en Engels die belangrikste taal in Afrika. Die naam Swahili is afgelei van Arabies سواحل Sawāhil wat "kuste" beteken en na die geografiese verspreiding verwys. Die term "Swahilikus" is as 't ware 'n pleonasme, aangesien dit letterlik "kustekus" beteken.

Verspreiding van Swahili:

   Kusgebiede met Swahili as inheemse taal, tuiste van die Swahili-volk (Swahilikus)

   amptelike of nasionale taal

   omgangstaal

Swahili het 'n lingua franca geword in groot dele van Oos-Afrika rondom die Groot Mere van Afrika en die Demokratiese Republiek die Kongo.[6][7][8][9] Dit is 'n amptelike taal van Kenia, die Demokratiese Republiek die Kongo, Rwanda, Suid-Soedan, Tanzanië en Uganda, asook die Afrika-unie[10] en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.[11][12] Daarbenewens dien Swahili as lingua franca van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap.[13]

Swahili word by die groot universiteite van die wêreld aangebied, en verskeie media-organisasies het programme in Swahili. Dit bevat leenwoorde uit Arabies en Persies.[14] Swahili word in óf die Latynse óf die Arabiese alfabet geskryf. Hakuna matata uit die 1994-rolprent The Lion King is waarskynlik een van die bekendste Swahili-frases en beteken "geen bekommernisse nie" of "geen probleem nie".

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Swahili". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  2. (en) "HOME – Home". Swahililanguage.stanford.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2016. Besoek op 29 Oktober 2020.
  3. (en) "The Constitution of the Democratic Republic of the Congo, 2005" (PDF). constitutionnet.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  4. (fr) "Congo-Kinshasa". Universiteit van Laval. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  5. (en) L Marten, "Swahili", Encyclopedia of Language and Linguistics, 2de uitgawe, 2005, Elsevier
  6. (en) Ethnologue list of countries where Swahili is spoken
  7. (en) Thomas J. Hinnebusch, 1992, "Swahili", International Encyclopedia of Linguistics, Oxford, bl. 99–106
  8. (en) David Dalby, 1999/2000, The Linguasphere Register of the World's Languages and Speech Communities, Linguasphere Press, Volume Two, bl. 733–735
  9. (en) Benji Wald, 1994, "Sub-Saharan Africa", Atlas of the World's Languages, Routledge, bl. 289–346, maps 80, 81, 85
  10. (en) "AU Languages". Afrika-unie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 23 Oktober 2019.
  11. (en) "16 African Countries to Adopt Kiswahili as a Formal Language". The African Exponent. 17 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  12. (en) "ULIMWENGU: SADC boosts Kiswahili; let the elite hang their head and 'English' in shame". The East African. 26 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  13. (en) "EAC Partner States urged to embrace Kiswahili as the Lingua Franca for the region". Oos-Afrikaanse Gemeenskap. 6 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
  14. (en) Mohamed, Mohamed Abdulla (2001). Modern Swahili Grammar. East African Publishers. p. 12. ISBN 9966467610. Besoek op 29 Oktober 2020.