Togo

Republiek Togo
République Togolaise (Frans)
Vlag van Togo Wapen van Togo
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Travail, Liberté, Patrie[1]
(Frans vir: "Werk, Vryheid, Vaderland")
Volkslied: Salut à toi, pays de nos aïeux
(Frans vir: "Hael aan jou, land van ons voorvaders")
Ligging van Togo
Hoofstad Lomé

6°7′N 1°13′O / 6.117°N 1.217°O / 6.117; 1.217

Grootste stad Lomé
Amptelike tale Frans
Regering Unitêre dominant-party
presidensiële republiek
Faure Gnassingbé
Victoire Tomegah Dogbé
Onafhanklikheid
• van Frankryk
• Huidige grondwet

27 April 1960
14 Oktober 1992
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
56 785 km2  (123ste)
21 925 myl2
4,2
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
8 608 444[2] (100ste)
6 191 155
125,9 / km2 (93ste)
326,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$22,612 miljard[3]
$2 599[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$8,699 miljard[3]
$1 000[3]

MOI (2019) 0,515[4] (167ste)  –  laag
Gini (2018) 42,4[5] –  hoog
Geldeenheid CFA-frank (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .tg
Skakelkode +228
Skattings vir hierdie land reken die effek van sterftes as gevolg van vigs in; dit kan lei tot laer lewensverwagting, hoër en sterftesyfers en veranderinge in die verspreiding van die bevolking volgens ouderdom en geslag as wat normaalweg verwag sou kon word.

Togo (Frans: [tɔˈgo], ), amptelik die Togolese Republiek (République togolaise), is 'n land in Wes-Afrika, wat grens aan Ghana in die weste, Benin in die ooste en Burkina Faso in die noorde. In die suide het dit 'n kort kus aan die Bog van Benin en die Golf van Guinee waar die hoofstad en grootste stad Lomé geleë is. Togo beslaan 'n oppervlakte van 56 785 km² en het 'n bevolking van 8 176 449 in 2018 gehad.

Nasa-Satellietbeeld van Togo
Kaart van Togo

Togo was van 1884 tot 1916 'n Duitse kolonie, aansluitend was dit 'n mandaat van die Volkebond en later van die Verenigde Nasies onder Franse gesag. Op 27 April 1960 het Togo van Frankryk onafhanklik geword. President Gnassingbé Eyadéma het dié land tussen 1967 en 2005 outokraties regeer.[6] Na sy dood is sy seun Faure Gnassingbé deur die weermag tot president benoem, hoewel dit as ongrondwetlik beskou word. Sedert 2022 is Togo naas Mosambiek, Rwanda en Gaboen die enigste lidland van die Britse Statebond wat vroeër geen Britse kolonie was nie.[7]

  1. (en) "Constitution of Togo". 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2016. Besoek op 20 November 2011.
  2. (en) "Togo". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 28 September 2020.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Togo". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 26 Junie 2022.
  4. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 25 Junie 2022.
  5. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 26 Junie 2022.
  6. (en) "Obituary: Gnassingbe Eyadema". BBC. 5 Februarie 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 28 September 2020.
  7. (en) "Gabon and Togo join the Commonwealth". Britse Statebond. 25 Junie 2022. Besoek op 26 Junie 2022.