Dier

Diere
Tydperk: Cryogenium – tans, 670–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
(geen rang): Unikonta
(geen rang): Obazoa
(geen rang): Opisthokonta
(geen rang): Holozoa
(geen rang): Filozoa
Koninkryk: Animalia
Linnaeus, 1758
Onderkoninkryke

Sien teks

Sinonieme
  • Metazoa
  • Choanoblastaea
  • Gastrobionta
  • Zooaea
  • Euanimalia
  • Animalae

Diere behoort tot Animalia, een van vyf (of soms ses) biologiese koninkryke. Dit word ook Metazoa genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige, eukariotiese organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg.

Diere bestaan reeds van die Prekambrium (PreЄ) af, maar die meeste bekende dierefilums het tydens die Kambriese ontploffing, sowat 542 miljoen jaar gelede, in die fossielrekord verskyn. Diere kan oor die algemeen in gewerweldes en ongewerweldes verdeel word. Gewerweldes het ’n ruggraat en maak minder as 5% van alle dierespesies uit. Dit sluit in visse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere. Die res is ongewerweldes; hulle het nie ’n ruggraat nie. Dit sluit in weekdiere (mossels, oesters, seekatte, pylinkvisse, slakke); geleedpotiges (insekte, spinnekoppe, skerpioene, krappe, krewe, garnale); ringwurms (erdwurms, bloedsuiers), rondewurms, platwurms, neteldiere (jellievisse, seeanemone, korale), ribkwalle en sponsdiere.

Die studie van diere word dierkunde of soölogie genoem.