Suiker

Hierdie artikel behandel tafelsuiker of sukrose wat in huishoudings gebruik word. Vir 'n oorsig oor die groep van mono- en disakkariede sien gerus suikers.


Suikerkristalle onder die polarisasie-mikroskoop. Vergroting: x150
Sukrose se chemiese struktuur

Suiker (afgelei van die Arabiese sukkar en die Sanskrit-woord sharkara (शर्करा) "suiker", "ronde klippie") is 'n belangrike voedsel en genotmiddel. In die skeikunde staan tafelsuiker, 'n disakkaried, ook as sukrose (C12H22O11) bekend. Suiker bevat vier kilokalorieë per gram (minder as vet met nege kilokalorieë en alkohol met sewe kilokalorieë per gram).