Gewone jaar

'n Gewone jaar is 'n algemene tipe kalenderjaar wat 365 dae het en dus nie 'n skrikkeljaar is nie.

In die Gregoriaanse kalender is 303 van elke 400 jare gewone jare. Ter vergelyking, in die ouer Juliaanse kalender was 300 van elke 400 jare gewone jare gewees.